HERSTRUKTURERING

Besighede funksioneer in ‘n uitdagende omgewing waar die ekonomiese klimaat en ander eksterne kragte ‘n besigheid met min keuse kan laat as om te herbelyn, herstruktureer en herorganiseer om meer mededingend te word of om ‘n bestaande posisie in die mark te behou. Bedryfsveranderinge kan geleenthede vir beide die besigheid en werknemers skep met betrekking tot vaardighede en persoonlike groei, wat lei tot beter en meer doeltreffende gebruik van menslike hulpbronne en die implementering van beter prosedures, wat uiteindelik doeltreffendheid en winsgewendheid verbeter.

WAT IS HERSTRUKTURERING?

Herstrukturering is die handeling om ‘n besigheid se strukture (wettige, eienaarskap, operasionele of ander strukture) te herorganiseer met die doel om dit meer winsgewend of beter georganiseer vir die besigheid se huidige vereistes te maak.

WANNEER VIND HERSTRUKTURERING PLAAS?

Herstrukturering sal heel waarskynlik plaasvind in gevalle van bedryfsveranderinge, byvoorbeeld ‘n verandering in struktuur (eienaarskap, bestuur of afdelings), doelwitte en visie, finansiële posisie (die ekonomie, gewysigde wetgewing wat impakteer op die koste van sake doen, toetrede van mededingers in die mark, die minimum loon, onlangse droogte, ens.) en tegnologie (vooruitgang in terme van nuwe tegnieke en metodes om take vinniger te voltooi, sowel as tegnologiese uitvindings).

SLUIT AAN BY DIE LWO

VOLG DIE KORREKTE PROSEDURE

Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge spesifiseer ‘n streng prosedure wat werkgewers moet volg wanneer herstrukturering en/of personeelvermindering oorweeg word. Werkgewers moet verseker dat hierdie prosedure gevolg word en enige eensydige veranderinge aan die dienskontrak vermy.

 

Is dit moontlik om ‘n herstrukturering te doen sonder personeelvermindering? Ja, sou ‘n werkgewer die besigheid se visie verander en vereis dat die werknemers ander rolle in die besigheid moet hê, dan kan die werkgewer so ‘n verandering tydens die konsultasieproses voorstel. Die werknemers moet egter die verandering aanvaar voordat dit geïmplementeer kan word aangesien die werkgewer nie enige eensydige wysigings aan die dienskontrak kan maak nie.

 

Herstrukturering is ‘n formele konsultasieproses wat beide partye in staat stel om in gesprek te tree om ander alternatiewe te oorweeg, veranderinge te minimaliseer, tydraamwerke vas te stel en die negatiewe impak van herstrukturering te verminder. Die werkgewer moet deurgaans ontvanklik wees vir voorstelle en individueel konsulteer met elke werknemer wat moontlik hierdeur geaffekteer kan word. Vergaderings moet gehou word met alle moontlik geaffekteerde werknemers sowel as die vakbond waar van toepassing.

KOMMUNIKASIE IS BAIE BELANGRIK

Kommunikasie is baie belangrik. Verandering is moeilik en kan werknemers angstig laat. Ons raai werkgewers aan om oop en duidelik te wees oor hoekom veranderinge nodig is en om die besigheid se behoeftes en doelwitte te verduidelik, asook om gereelde aankondigings aan alle werknemers te maak in terme van vordering wat gemaak is. Herstrukturering is meer geneig om suksesvol te wees wanneer bestuurders die fundamentele strategiese probleem of geleentheid wat die besigheid in die gesig staar, verstaan.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.