WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE
WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE
Die Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW) het ten doel om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel deur gelyke geleenthede en billike behandeling te bevorder. Dit is van toepassing op alle werkgewers, maar “aangewese werkgewers” (wat aan die minimum vereistes voldoen) het addisionele verpligtinge.
WYSIGINGS AAN DIE WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE
Ons is trots om aan te kondig dat die LWO Werkgewersorganisasie geaffilieer is met Labour Quest, wat voortaan alle dienste wat verband hou met die Wet op Billike Werksgeleenthede, sal hanteer. Kontak ons gerus vir meer inligting Employment Equity | Labour Quest. Ons bied vyf pakketopsies om “aangewese werkgewers” te help om aan wetgewing te voldoen. Ons dienste sluit in:
- Billike Werksgeleenthede advies (telefonies en per e-pos)
- Opstel van Billike Werksgeleenthede plan
- Bystand met jaarlikse indiening van verslae
- Bystand met komiteevergaderings
“AANGEWESE WERKGEWERS”
‘n “Aangewese werkgewer” is enige werkgewer met 50 of meer werknemers.
Neem kennis: Indien ‘n “aangewese werkgewer” nie aan hierdie wetgewing voldoen nie, is die boete vir ‘n eerste oortreding R1.5 miljoen of 2% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is). Vir herhalende oortredings is dit R2.7 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is).
Is jy ‘n “aangewese werkgewer”?
Die definisie van “aangewese werkgewer” het verander met ingang van 1 Januarie 2025, nadat die President van die Republiek van Suid-Afrika aan die einde van 2024 ‘n proklamasie gemaak het dat die Wysigingswet op Wet op Billike Werksgeleenthede No. 4 van 2022 (“WWBW”) vanaf die begin van 2025 in werking sal tree.
Die wysigings behels dat die omsetdrempel weggelaat word sodat slegs werkgewers met meer as 50 werknemers as “aangewese werkgewers” beskou sal word vir die doeleindes van die Wet op Billike Werksgeleenthede Wet 55 van 1998 (“WBW
Dit beteken dat werkgewers met minder as 50 werknemers nie aan die regstellendeaksiebepalings in die WBW hoef te voldoen. Gevolglik hoef hierdie werkgewers nie ‘n billike werksgeleenthede plan in plek te hê nie, en ook nie billike werksgeleenthede verslae op ‘n jaarlikse basis in te dien nie.
Wat word verwag van ‘n “aangewese werkgewer”?
“Aangewese werkgewers” het addisionele verpligtinge en moet sorg dra dat die volgende in plek is:
1. Stel ‘n Senior Billike Werksgeleenthede Bestuurder aan om die Billike Werksgeleenthede Plan te ontwikkel, te moniteer en te implementeer (sien stap 7 hieronder).
2. Versamel inligting – elke werknemer moet die EEA1 vorm voltooi wat die werknemer se ras, geslag, nasionaliteit en enige gestremdhede bevestig waar van toepassing.
3. Skep billike werksgeleenthede bewustheid met betrekking tot alle werknemers.
4. Vestig ‘n Billike Werksgeleenthede komitee om gereelde konsultasies te hou met betrekking tot die nakoming van die WBW.
5. Hou gereelde konsultasies (ten minste kwartaalliks) tom die uitvoer van ‘n analise, ontwikkeling van ‘n plan en die indiening van verslae by die Departement van Indiensneming en Arbeid te bespreek.
6. Stel ‘n analise saam (EEA12) wat die volgende moet insluit:
- Beleide en prosedures om die onderverteenwoordiging van aangewese groepe en ‘n gebrek aan diversiteit in die werksplek aan te spreek
- Werkswyses en faktore om billike werksgeleenthede te bevorder
- Onderverteenwoordiging van aangewese groepe en beroepsvlakke
7. Stel ‘n Billike Werksgeleenthede Plan saam (EEA13) wat die volgende inligting bevat:
- Doelwitte vir elke jaar van die plan (die plan is geldig vir tussen een tot vyf jaar)
- Regstellende aksiemaatreëls
- Numeriese doelwitte om billike verteenwoordiging te bereik
- ’n Tydrooster vir elke jaar
- Interne monitering en evaluasie prosedure, insluitend interne dispuutoplossingsmeganismes
- Geïdentifiseerde persone om die plan te implementeer en te moniteer
8. Indien van Billike Werksgeleenthede Verslae (EEA2 en EEA4) om jaarliks te rapporteer rondom vordering met die implementering van die plan.
Deregistrasie as ‘n aangewese werkgewer
Doen aansoek om deregistrasie: Indien jy voorheen geregistreer was as ‘n aangewese werkgewer en nie meer aan hierdie kriteria voldoen nie, moet jy die voorgeskrewe dokumente voltooi en by die betrokke owerheid (Direkteur-generaal) van die Departement van Indiensneming en Arbeid aansoek doen om deregistrasie uit die Billike Werksgeleenthederegister .
Kontak Employment Equity | Labour Quest om jou so gou moontlik te help met die aansoek om deregistrasie uit die Billike Werksgeleenthederegister!
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.