Wet op arbeidsverhoudinge

Wetswysigings ten opsigte van die Wet op Arbeidsverhoudinge sal inwerking tree op 1 Januarie 2015
Op 24 November 2014 het President Jacob Zuma die wysiging aan die Wet op Arbeidsverhoudinge goedgekeur en sal hierdie wysiging op 01 Januarie 2015 in werking tree. Hierdie Wet reguleer grotendeels regte en verpligtinge van werkgewers, werknemers, vakbonde en werkgewersorganisasies op die gebied van arbeidsreg in ons land.

Hiermee kortliks die belangrikste wysigings:

  1. Vakbondregte
    A sufficiently represented trade unions in the workplace’s rights have been extended. Die regte van ‘n genoegsaam verteenwoordigende vakbond in die werkplek word uitgebrei. So ‘n vakbond kan nou aansoek doen by die KVBA om dieselfde regte as dié van ‘n meerderheid verteenwoordigende vakbond te geniet. Die Kommissaris by die KVBA kan dan na oorweging hierdie regte toestaan.
  1. Appèl teen die Registrateur van Arbeidsverhoudinge se beslissing
    Die aanteken van ’n appèl teen ‘n beslissing van die Registrateur van Arbeidsverhoudinge sal nie meer die beslissing opskort nie. Met ander woorde, die beslissing bly in werking totdat daar ’n ander beslissing gemaak word, al dan nie.
  1. Voldoening aan arbitrasie toekennings
    Wanneer ‘n werkgewer ‘n arbitrasie toekenning uitgereik deur die KVBA, minag deur nie daaraan te voldoen nie, kan die werknemer nou onmiddelik die Arbeidshof nader om ‘n verdere voldoeningsbevel te bekom. Voorheen moes die werknemer eers weer die KVBA nader alvorens hy/sy die Arbeidshof kon nader. Hierdie ‘grasie periode’ vir die werkgewer om te voldoen aan ‘n arbitrasie toekenning val dus weg.
  1. Beskerming van tydelike werknemers se regte
    Werknemers wat tydelik aangestel is om ‘n diens, wat permanent van aard is, te lewer, word nou as ‘n permanente werknemer geag na drie maande. Dit is nie van toepassing op tydelike werknemers wat aangestel is vir ‘n spesifieke projek of ‘n spesifieke typerk, soos byvoorbeeld die instaan vir ‘n werknemer wat met kraamverlof is, nie. Werkgewers wie spesifiek van ‘n tydelike werkverskaffingsdiens gebruik maak, moet ook kennis neem daarvan dat hierdie werknemers as permanente werknemers van u as werkgewer geag word na drie maande en nie meer as ‘n werknemer van die tydelike werkverskaffingsdiens nie.
  1. Uitbreiding van regverdigingsgronde vir die tersydestelling van arbitrasie toekennings
    Die benadeelde party kan voortaan op grond van “goeie gronde” laat aansoek doen vir die tersydestelling van ‘n arbitrasie toekenning.
  1. Bespoediging van regspleging insake die uitvoering van arbitrasie toekennings
    Wanneer ‘n party ‘n hersieningsaansoek loods teen ‘n arbitrasie toekenning uitgereik deur die KVBA, moet die party binne ses maande aansoek doen vir ‘n hofdatum. Die hersieningsaansoek skort voortaan nie meer die arbitrasie toekenning op nie.
  1. Outomatiese onbillike ontslag
    Dit word voortaan geag as outomatiese onbillike ontslag wanneer ‘n werknemer weier om enige aangeleentheid van wedersydse belang te aanvaar. Voorheen moes die werknemer bewys dat hy/sy gedwing was deur die werkgewer om so ‘n aangeleentheid te aanvaar.
Dit is duidelik dat die besigheidsrisiko wat arbeidswetgeing meebring kundige advies noodsaak en sal die LWO u graag hiermee bystaan.

Kontak ons gerus by 0861 101 828 met enige navrae in hierdie verband, of indien u regsadvies/bystand benodig. Ons is 24/7 beskikbaar. Ons is 24/7 beskikbaar.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.