Wet op basiese diensvoorwaardes

Agtergrond

Die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is om uitvoering te gee aan die reg op billike arbeidspraktyke soos bedoel in die Grondwet deur voorsiening te maak vir die reëling van basiese diensvoorwaardes en dit te vestig, om daardeur te voldoen aan die verpligtinge van die Republiek as ‘n lidland van die Internasionale Arbeidsorganisasie, asook om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.

Goedgekeurde wysigings

Op 09 Desember 2013 het President Jacob Zuma die wysiging aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes goedgekeur en het hierdie wysiging op 01 September 2014 in werking getree. Ons lig graag die volgende belangrikste wysigings toe.

Inleidende paragraaf tot die wet
In die gepubliseerde wysiging van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes lei die opskrif as volg (slegs die Engelse aanhaling was onderteken deur die Minister van Arbeid en dit word eerder verskaf om enige moontlike misverstand ten opsigte van ’n vertaling na Afrikaans te vermy):
“To amend the Basic Conditions of Employment Act, 1997, so as to substitute certain provisions; to prohibit employers from requiring employees to make certain payments to secure employment and from requiring employees to purchase goods, services or products; to prohibit anyone from requiring or permitting a child under the age of 15 years to work; to make it an offence for anyone to require or permit a child to perform any work or provide any services that place at risk the child’s well-being; to provide for the Minister (of Labour) to publish a sectoral determination for employees and employers who are not covered by any other sectoral determination; to provide for the Director-General to apply to the Labour Court for an employer to comply with a written undertaking by the employer; to provide for a compliance order; to delete certain obsolete provisions; to provide the Labour Court with exclusive jurisdiction in respect of certain matters; to provide for certain offences and penalties; to increase the penalties for certain offences; and to provide for matters connected therewith”.

Uitbreiding van die definisie van “betekening” (“serve”)
Betekening van dokumentasie mag voortaan geskied per elektroniese pos of enige voorgeskrewe metode van betekening, waar dit voorheen slegs aanvaar was per geregistreerde pos, telegram, faks of per hand aflewering.

Verbode gedrag deur werkgewers
Werkgewers mag voortaan nie:

  1. betaling vereis of aanvaar van ’n werknemer of potensiële werknemer in verband met sy indiensneming of die verskaffing van diens aan hom nie;
  2. vereis van ’n werknemer of potensiële werknemer om enige goedere, produkte of dienste van sy werkgewer, of enige besigheid of persoon deur die werkgewer genomineer, te koop nie. ie klem val op die verbod om die laasgenoemde van ’n werknemer te vereis, maar die reg om vrylik enige verskaffing van goedere, produkte of dienste en die aftrekking van die werknemer se vergoeding ooreen te kom met ’n ander persoon, sal nooit totaal beperk mag word nie. Daar mag steeds in ’n dienskontrak of kollektiewe ooreenkoms ooreengekom word dat daar van die werknemer vereis word om deel te neem aan ’n skema waardeur spesifieke produkte, dienste gekoop word, onder sekere voorwaardes.
    DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
    LAAT LWO JOU HELP!

    Verbod op werk deur kinders
    Die verbod op werk deur kinders onder 15 jaar, of onder die normale skool verlatende ouderdom, of die verrigting van gevaarlike werk deur kinders is herbevestig – die klousule is slegs taalkundig aangepas.

    Reg tot daarstelling van “sambreel” Sektorale Vasstelling
    Deur die invoeging van subartikel 8, om die Minister die bevoegdheid te gee om ’n Sektorale Vasstelling te publiseer wat so wyd gaan as om enige werkgewer en werknemer wie se werk nie deur enige ander Sektorale Vasstelling (waarby ingesluit is enige Bedingingsraad Hoof Kollektiewe Ooreenkoms) gereguleer word nie, word die moontlikheid geskep om minimum lone en ander minimum standaarde daar te stel. Hierdie mag is ontsettend wyd en kan negatief impakteer op die vryheid van handel en ander grondwetlike regte van werkgewers en daardeur werkskepping baie negatief beïnvloed.

    Uitbreiding van metode vir minimum loon vasstelling
    Minimum lone mag voortaan deur middel van ’n Sektorale Vasstelling en wel deur minimum persentasie verhogings, aangepas word. Voor die wetswysiging het die Wet (Op Basiese Diensvoorwaardes) slegs voorsiening gemaak vir spesifieke minimum tariewe/lone.

    Reg tot vasstelling van drempel vir organisatoriese regte
    Kragtens die Wet, soos gewysig, mag die Minister ’n persentasie/drempel vasstel wat vir ’n vakbond (of meer as een vakbond wat gesamentlik werk) die reg verskaf tot organisatoriese regte soos voorsien in Artikel 12 (vakbond toegang tot werkplek) en Artikel 13 (aftrekking van vakbond ledegeld of –heffings). Hierdie artikels elimineer dus etlike jare se onsekerheid en onnodige KVBA -/Arbeidshof dispute oor hierdie regte, maar sal ook in ’n mate sekere werkgewers se reg in die verband inperk.

    Weglating van verpligting om te poog om ‘n onderneming te verkry
    Voortaan is dit nie meer ’n vereiste dat daar eers gepoog moet word deur Inspekteurs van die Departement van Arbeid om ’n onderneming te verkry (van die werkgewer) waardeur die werkgewer onderneem om te voldoen aan die spesifieke wetlike verpligtinge waaraan hul te kort skiet nie, voordat daar ’n voldoeningsbevel uitgereik word. Verder het die reg om vertoë te rig teen ’n voldoeningsbevel weggeval. Strawwe en boetes

    Opsomming

    Dit word beklemtoon dat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, gebiedende, ononderhandelbare wetgewing is vir alle werkgewers en werknemers. Alle aspekte van hierdie Wet vorm die spreekwoordelike “vangnet” vir alle industrieë / sektore waarvoor daar nie méér spesifieke wetgewing (soos ’n Sektorale Vasstelling of Bedingingsraad Ooreenkoms) bestaan nie.

    Kontak ons gerus by 0861 101 828 met enige navrae in hierdie verband, of indien u regsadvies/bystand benodig. Ons is 24/7 beskikbaar. Ons is 24/7 beskikbaar.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.