Die kuns van konsiliasie

Die kuns van konsiliasie

Die kuns van konsiliasie

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Suid-Afrika is ’n onafhanklike statutêre liggaam wat die oplossing van werksplekgeskille deur middel van versoening, bemiddeling en arbitrasie fasiliteer. Die KVBA is gestig ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) en dien as ’n forum vir geskilbeslegting tussen werkgewers en werknemers. Wanneer ’n dispuut ontstaan, kan enige party die KVBA nader. Konsiliasie is die eerste stap in die geskilbeslegtingsproses en het ten doel om ’n wedersyds aanvaarbare skikking te bereik sonder om hof toe te gaan.

Wat is konsiliasie (versoening)?

Konsiliasie is ’n proses voor die KVBA, ’n bedingingsraad of ’n geakkrediteerde agentskap, waar ’n bemiddelaar partye (werkgewer en werknemer) sal probeer bystaan om ’n werksplekgeskil op te los. Dit is ’n wetlik verpligte proses; die uitslag is egter vrywillig, aangesien dit die reg van partye is om te besluit of hulle die dispuut wil skik en op watter voorwaardes. Die proses is privaat en vertroulik, van die rekord af en ‘sonder vooroordeel’ wat beteken dat niks wat die partye tydens die proses sê teen hulle gehou kan word in ’n ander proses nie, tensy dit deur ‘n ooreenkoms of ’n hofbevel afgedwing word.

VOORAFKONSILIASIE

Die kommissaris of ’n bemiddelaar kan partye telefonies of op ‘n ander wyse kontak voor die aanvang van die konsiliasie om maniere te soek om die dispuut op te los. Indien die dispuut opgelos word, is die uitslag bindend.

Voordele van konsiliasie

Konsiliasie is ’n gratis proses wat voorsiening maak vir die vinnige en regverdige oplos van geskille. Dit is ’n geleentheid vir die partye om na mekaar te luister en te probeer ooreenkom op ’n uitkoms wat die dispuut sal afhandel.

HET JY ‘N OPKOMENDE KONSILIASIE?

LAAT LWO JOU HELP!

DIE KONSILIASIEPROSES BY DIE KVBA

  • Die indiening van die dispuut: Die party wat die proses begin, moet die KVBA se voorgeskrewe vorms binne die vasgestelde tydraamwerk voltooi en indien. Die ander party word dan van die dispuut in kennis gestel en die geleentheid gebied om te reageer.
  • Keuring van ’n kommissaris: Die KVBA stel ’n kommissaris aan wat as ’n neutrale derdeparty optree om die konsiliasieproses te fasiliteer. Die kommissaris skeduleer ’n datum, tyd en plek vir die konsiliasieverhoor.
  • Voorbereiding vir konsiliasie: Beide partye versamel relevante dokumente en bewyse om hul saak te staaf. Hulle kan by voorafkonsiliasie onderhandelinge betrokke raak of poog om die saak informeel op te los.
  • Konsiliasieverhoor: Die konsiliasieverhoor vind by die KVBA-kantoor of ’n ooreengekome plek plaas. Die kommissaris fasiliteer gesprekke tussen die partye, moedig dialoog aan en ondersoek moontlike oplossings. Die doel is om ’n wedersyds aanvaarbare oplossing vir die dispuut te vind.
  • Skikkingsooreenkoms: Indien die partye tydens konsiliasie ’n skikking bereik, teken hulle die bepalings van die ooreenkoms skriftelik aan. Hierdie skikkingsooreenkoms is wetlik bindend en afdwingbaar.
  • Sertifikaat van uitkoms: Indien ’n skikking bereik word, reik die kommissaris ’n sertifikaat van uitkoms uit wat die oplossing van die dispuut bevestig. Hierdie dokument dien as bewys dat die saak opgelos is.
  • Geen skikking bereik nie: Indien die partye versuim om ’n skikking tydens konsiliasie te bereik, kan die saak tot arbitrasie oorgaan waar ’n besluit deur ’n onafhanklike arbiter geneem sal word.

Doen aansoek om konsiliasie

’n Werknemer kan aansoek doen vir konsiliasie deur ’n WAV 7.11-verwysingsvorm te voltooi:

  • Binne 30 dae vanaf die datum van ontslag.
  • Binne 90 dae vanaf die datum van ’n onbillike arbeidspraktyk.
  • Binne ses maande vanaf die datum van ’n daad van onbillike diskriminasie.
  • Binne ses maande na die handeling of versuim waarna in Artikel 198D (1) van die WAV verwys word.

 

’n Laat verwysing sal ’n aansoek om kondonasie vereis.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Neem kennis

    Dit is belangrik om daarop te let dat die konsiliasieproses by die KVBA bedoel is om informeel, buigsaam en minder teenstrydig te wees. Die fokus is daarop om die dispuut vriendskaplik op te los en om ’n regverdige uitkoms vir beide partye te bereik.

    Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

    Verstaan statutêre skeidingsvergoeding in SA

    Verstaan statutêre skeidingsvergoeding in SA

    Verstaan statutêre skeidingsvergoeding in SA

    Statutêre skeidingsvergoeding speel ‘n deurslaggewende rol in diensverhoudinge in Suid-Afrika, veral wanneer diens beëindig word as weens operasionele vereistes. Dit is noodsaaklik vir werkgewers om ingelig te wees oor die wetlike raamwerk wat skeidingsvergoeding reguleer, en spesifiek Artikel 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), aangesien dit beduidende implikasies vir beide werkgewers en werknemers inhou.

    Statutêre raamwerk

    Statutêre skeidingsvergoeding is nie ‘n arbitrêre gebaar deur werkgewers nie; dit is instede stewig gegrond in die wetlike bepalings van die WBDV. Dit is noodsaaklik om daarop te let dat buite die statutêre raamwerk wat deur die WBDV voorsien word, daar geen algemene reg op skeidingsvergoeding is nie. Artikel 41 van die WBDV omskryf die omstandighede waaronder skeidingsvergoeding verpligtend is, wat hoofsaaklik wentel rondom afdankings weens operasionele vereistes.

    Voorwaardes vir statutêre skeidingsvergoeding

    Ingevolge Artikel 41 van die WBDV is werkgewers verplig om skeidingsvergoeding te betaal aan werknemers wat ontslaan word om redes wat gebaseer is op operasionele vereistes. Die formule om skeidingsvergoeding te berekening word gestipuleer in die Artikel, en vereis dat werkgewers ten minste een week se vergoeding vir elke voltooide aaneenlopende jaar van diens moet voorsien.

    Geskiktheidskriteria

    ’n Belangrike maatstaf vir geskiktheid is dat ’n werknemer ten minste een jaar se ononderbroke diens by die werkgewer moes voltooi het. Sodra die werknemer aan hierdie voorwaarde voldoen, is die werknemer geregtig op statutêre skeidingsvoergoeding, wat bereken word teen die koers van een week se vergoeding vir elke voltooide jaar van diens. Dit is van kardinale belang om te beklemtoon dat ‘n werknemer eers vir skeidingsvergoeding in aanmerking kom nadat die afleggingsproses afgehandel is.

    WEET JY HOE OM STATUTÊRE SKEIDINGSVERGOEDING TE BEREKEN

    LAAT LWO JOU HELP!

    Bedingingsraad en hoof kollektiewe ooreenkomste

    In gevalle waar ‘n werknemer ‘n lid van ‘n bedingingsraad is, kan die skeidingsvergoeding wat betaalbaar is, deur die Bedingingsraad en hoof kollektiewe ooreenkomste bepaal word. Dit kompliseer die aangeleentheid, aangesien die spesifieke bepalings kan verskil op grond van die bedryfsindustrie en ooreenkomste wat in plek is.

    Operasionele vereistes

    Operasionele vereistes wat tot skeidingsvergoeding lei, word breedweg gedefinieer en sluit diensbeëindiging in wat voortspruit uit die werkgewer se ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes. Dit word dikwels na verwys as “geen fout” afdankings, wat aandui dat dit nie verband hou met die werknemer se prestasie nie, maar die gevolg is van die besigheid se bedryfsbehoeftes.

    Beperkings op die reg tot statutêre skeidingsvergoeding

    Alhoewel Artikel 41 van die WBDV spesifieke scenario’s uiteensit waar skeidingsvergoeding verpligtend is, is dit noodsaaklik om te verstaan dat hierdie bepalings nie uitgeput is nie. Daar kan ander scenario’s wees waarin die reg tot skeidingsvergoeding ontstaan.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    Take a look at our membership packages.

    Ter afsluiting, word statutêre skeidingsvergoeding in Suid-Afrika ingeweef by die wetlike raamwerk wat deur die WBDV voorsien word, met Artikel 41 wat spesifiek afdankings weens operasionele vereistes aanspreek. Werkgewers moet goed ingelig wees oor die geskiktheidskriteria, berekeningsmetodes en bykomende oorwegings soos Bedingingsraadooreenkomste. Dit is van kardinale belang vir beide werkgewers en werknemers om hierdie regsverskille te navigeer om billike prosesse wat aan arbeidswetgewing voldoen te verseker met diensbeëindiging. Terwyl die idee om ‘n “beloning” vir jare se diens te ontvang nie breedweg in die Suid-Afrikaanse reg van toepassing is nie, dien statutêre skeidingsvergoeding as ‘n beskermende maatreël, wat finansiële ondersteuning bied aan werknemers wat ontslag in die gesig staar as gevolg van operasionele vereistes.

     

    Die neem van proaktiewe stappe om te verseker dat jou besigheid aan relevante wetgewing in jou bedryfsindustrie voldoen, is uiters belangrik vir volgehoue sukses en wetlike nakoming.

     

    Contact the LWO for any advice or assistance!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Take a look at our lidmaatskap opsies..

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

    Identifiseer arbeidsinspekteurs

    Identifiseer arbeidsinspekteurs

    Identifiseer arbeidsinspekteurs

    Dit is noodsaaklik vir beide werkgewers en werknemers om te verseker dat daar aan arbeidswetgewing voldoen word, ten einde billike werksomstandighede te bevorder. In Suid-Afrika vervul die Departement van Indiensneming en Arbeid hierdie sentiment deur hul Inspeksie- en Afdwingingsdiens (“Inspection and Enforcement Service (IES)”). Die Departement se inspekteurs speel ‘n deurslaggewende rol om arbeidswetgewing en -regulasies te monitor en af te dwing.

     

    Baie werkgewers is bekommerd oor veiligheid na aanleiding van mense wat hulself valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang te verkry tot die perseel. Dring aan op positiewe identifikasie van die persoon wat hom-/haarself as ‘n inspekteur voorstel en verifieer eers hierdie inligting voordat die persoon toegang tot die perseel verkry. Onthou ook dat geen inspekteur ‘n fooi mag hef vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie. Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derdeparty om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie. Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.

    Sleutelaspekte om arbeidsinspekteurs te identifiseer

    Die Departement van Indiensneming en Arbeid se inspekteurs sal altyd amptelike identifikasie saamdra:

     

    • Amptelike aanstellingsertifikaat: Ingevolge Hoofstuk 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997 (WBDV), bepaal Artikel 63(3) dat die Minister van Indiensneming en Arbeid elke arbeidsinspekteur van ‘n getekende aanstellingsertifikaat moet voorsien wat die volgende vermeld:
      • dat die persoon aangestel is as ‘n arbeidsinspekteur,
      • die inspekteur se naam, reeksnommer, identifikasienommer, handtekening, en die Departement se logo,
      • watter wetgewing die arbeidsinspekteur mag monitor en afdwing, en
      • watter van die funksies van ‘n arbeidsinspekteur daardie persoon mag verrig.

     

    • Verpligting om identifikasie te toon: Die WBDV plaas ‘n verdere verpligting op die inspekteur om sy/haar amptelike aanstellingsertifikaat op versoek te verskaf. Artikel 66(3)(a) bepaal dat die arbeidsinspektuer die sertifikaat moet toon wanneer hy/sy versoek word om dit te doen.

     

    • Twee vorme van identifikasie: Die inspekteur se aanstellingsertifikaat kan twee vorme aanneem, die een is ‘n sertifikaatdokument (WBDV Bylae 14A) en die ander is ‘n inspekteurskaart (WBDV Bylae 14B). Dit is noemenswaardig dat ingevolge Bylae 14A die inspekteurskaart (Bylae 14B) die inspekteur se foto en handtekening, sowel as die handtekening van die provinsiale uitvoerende bestuurder, vir die kantoor waarin die inspekteur gesetel is, sowel as die reeksnommer moet bevat wat deur die Departement se hoofkantoor aan die inspekteur toegeken is.

     

    KOMENDE ARBEIDSINSPEKSIE?

    LAAT LWO JOU HELP!

    Arbeidsinspekteurs se reg om inspeksies uit te voer

    Ingevolge Artikel 65(1) van die WBDV mag ‘n arbeidsinspekteur, sonder lasbrief of kennisgewing, op enige redelike tyd enige werksplek of enige ander plek waar ‘n werkgewer besigheid bedryf of indiensnemingsrekords hou, wat nie ‘n woning is nie, betree ten einde nakoming van arbeidswetgewing af te dwing.

     

    Arbeidswetgewing plaas ook ‘n verpligting op persone om met arbeidsinspekteurs saam te werk en bystand te bied. Artikel 67(1) en 67(2) van die WBDV bepaal dat enige persoon wat ingevolge Artikel 66 deur ‘n arbeidsinspekteur ondervra word, alle relevante vrae wat wettiglik aan daardie persoon gestel word, eerlik en na die beste van sy/haar vermoë moet beantwoord. Werkgewers en werknemers moet enige fasiliteit en bystand by ‘n werksplek verskaf wat redelikerwys deur ‘n arbeidsinspekteur vereis word om die arbeidsinspekteur se funksies doeltreffend te kan verrig.

     

    • Geskeduleerde inspeksies: Arbeidsinspekteurs doen dikwels geskeduleerde inspeksies en verskaf vooraf kennisgewing aan werkgewers. Dit stel besighede in staat om nodige dokumentasie voor te berei, soos dienskontrakte, betaalstaatrekords en gesondheids- en veiligheidsprotokolle. Bewustheid van geskeduleerde inspeksies help om deursigtigheid en doeltreffendheid te handhaaf.

     

    • Ewekansige besoeke: Benewens geskeduleerde inspeksies, kan inspekteurs ook onaangekondigde of ewekansige besoeke aan werksplekke bring. Werkgewers moet voorbereid wees op sulke verrassingsbesoeke en deurlopende nakoming van arbeidswetgewing handhaaf om moontlike boetes te vermy.

    ‘n Arbeidsinspekteur word deur wetgewing gemagtig om met of sonder kennisgewing by ‘n werksplek aan te kom om ‘n inspeksie uit te voer. Die werkgewer is eweneens verplig om enige vrae wat deur die arbeidsinspekteur aan hom/haar gestel word, te beantwoord en om die inspekteur te voorsien van enige bystand wat hy/sy mag vereis om sy/haar funksies doeltreffend te verrig. Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is omvangryk en ononderhandelbaar. Nie-nakoming kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid op onnodige risiko plaas.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    Take a look at our membership packages.

    Contact the LWO for any advice or assistance!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Take a look at our lidmaatskap opsies..

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

    Beskermingsbevele teen voormalige werknemers

    Beskermingsbevele teen voormalige werknemers

    Beskermingsbevele teen voormalige werknemers

    Met die vinnige pas van vandag se sakewêreld kan verhoudinge tussen werkgewers en werknemers soms versuur. Wanneer voormalige werknemers bedreigings inhou of betrokke raak by teistering, moet werkgewers optree om hul bates, hul werknemers en hul reputasie te beskerm. ‘n Kragtige regsinstrument in sulke situasies is om ‘n beskermingsbevel teen ‘n voormalige werknemer te bekom.

    VERSTAAN BESKERMINGSBEVELE

    Beskermingsbevele, ook bekend as ‘n interdik, is hofuitgereikte dokumente wat wetlik vereis dat ‘n individu ‘n spesifieke afstand vanaf ‘n aangewese persoon of plek handhaaf. Hierdie bevele is instrumenteel om slagoffers teen verskeie vorme van teistering te beskerm, insluitend fisieke geweld, agtervolging of intimidasie. In die konteks van voormalige werknemers word beskermingsbevele dikwels aangevra wanneer so ‘n persoon ‘n bedreiging inhou vir die organisasie, sy werknemers of sy kliënte.

    BESKERMINGSBEVELE TEEN VOORMALIGE WERKNEMERS

    Beskermingsbevele teen voormalige werknemers word tipies aangevra wanneer ‘n besigheid geregverdigbare kommer het oor ‘n voormalige werknemer se gedrag. Algemene voorbeelde hiervan sluit in:

     

    • Dreigemente van geweld of skade: Wanneer ‘n voormalige werknemer uitdruklike dreigemente teenoor die besigheid, sy werknemers of sy kliënte/klante/lede gemaak het, is dit noodsaaklik om sulke dreigemente ernstig op te neem.
    • Agtervolging en teistering: Voormalige werknemers kan betrokke raak by agtervolging- of teisteringsaktiwiteite, insluitend aanhoudende telefoonoproepe, ongewenste e-posse, of om by die besigheidsperseel of werknemers se huise op te daag.
    • Verbreking van nie-openbaarmakingsooreenkomste of diefstal van intellektuele eiendom: Indien ‘n voormalige werknemer daarvan verdink word dat vertroulike inligting gesteel is of nie-openbaarmakingsooreenkomste verbreek is, kan ‘n beskermingsbevel help om verdere skade te voorkom.
    • Gegriefde voormalige werknemers: Afgedankte werknemers wat ontevrede is oor hul diensbeëindiging, kan die besigheid se reputasie beskadig of vals inligting versprei. Beskermingsbevele kan hulle verhoed om lasterlike verklarings te maak.

    BEKOMMERD OOR ‘N VOORMALIGE WERKNEMER SE GEDRAG?

    LAAT LWO JOU HELP!

    PROSES OM ‘N BESKERMINGSBEVEL TE BEKOM

    Om ‘n beskermingsbevel teen ‘n voormalige werknemer te bekom is ‘n regsproses wat ernstig opgeneem moet word. Die volgende stappe word tipies gevolg:

     

    • Konsulteer met ‘n prokureur: Die eerste stap om ‘n beskermingsbevel te bekom, is om met ‘n prokureur te konsulteer wat spesialiseer in arbeidsreg of siviele litigasie. ’n Prokureur kan jou help om die situasie te assesseer, bewyse in te samel en te bepaal of die bekom van ’n beskermingsbevel die gepaste aksie is.
    • Maak bewyse bymekaar: Die insameling van bewyse is altyd deurslaggewend om ‘n beskermingsbevel te bekom. Dit kan skriftelike dreigemente, e-posse, teksboodskappe, stemboodskappe of enige ander dokumentasie insluit wat die voormalige werknemer se skadelike opset demonstreer.
    • Dien ‘n petisie in: Jou prokureur sal jou help om ‘n petisie by die toepaslike hof in te dien, met besonderhede oor die redes waarom jy ‘n beskermingsbevel aanvra, asook bewyse om jou saak te ondersteun.
    • Woon ‘n verhoor by: Sodra die petisie ingedien is, sal ‘n hofverhoor geskeduleer word wat op ‘n spesifieke datum bygewoon moet word. By die verhoor sal beide partye geleentheid kry om hul sake te stel. Die regter sal die getuienis evalueer en bepaal of ‘n beskermingsbevel geregverdig is.
    • Uitreiking van die beskermingsbevel: Indien die regter bevind dat die voormalige werknemer ‘n werklike bedreiging inhou, sal ‘n beskermingsbevel uitgereik word wat die spesifieke bepalings en voorwaardes uiteensit. Hierdie bevel kan tydelik of permanent wees, afhangende van die omstandighede.
    • Afdwing en nakoming: Sodra ‘n beskermingsbevel toegestaan word, is dit noodsaaklik om te verseker dat dit behoorlik afgedwing word. Oortredings van die bevel kan lei tot ernstige regsgevolge vir die voormalige werknemer, soos inhegtenisneming.

    Beskermingsbevele teen voormalige werknemers dien as ‘n noodsaaklike regsmeganisme om besighede, hul werknemers en hul belange te beskerm teen potensiële benadeling, teistering en skade. Wanneer ‘n voormalige werknemer se gedrag kommer wek, is dit noodsaaklik om regsadvies te bekom en die toepaslike stappe te volg om ‘n beskermingsbevel te verkry. Deur op te tree, kan besighede die risiko’s gekoppel aan gegriefde voormalige werknemers beperk en hul bedrywighede se veiligheid en sekuriteit verseker.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline

    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline

    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline

    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline in die werksplek en die waarde daarvan word dikwels oorgesien. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (“WAV”) omskryf progressiewe dissipline soos volg:

    “Die benadering van progressiewe dissipline in die werksplek, beskou die doel van dissipline as ‘n middel vir werknemers om te weet en te verstaan watter standaarde van hulle vereis word. Dus moet redelike stappe geneem word om werknemers se gedrag te verbeter of te verander deur middel van ‘n sistematiese gebruik van waarskuwings en konsultasies”.
    Die WAV gee erkenning aan berading in die vorm van konsultasies as ‘n metode van progressiewe dissipline. Dissipline in die werksplek het ten doel om werknemers se gedrag aan te pas en te verbeter. Die opstel en uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing is ‘n vinnige en maklike manier om progressiewe dissipline toe te pas. Die werknemer ontvang ‘n omskrywing van die wangedrag met ‘n kort verduideliking van die spesifieke feite wat gelei het tot die skriftelike waarskuwing. The employee receives a written description of his misconduct followed by a concise explanation of the facts that led to the written warning.
    BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
    LAAT LWO JOU HELP!

    Maar, is die uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing altyd die mees toepaslike vorm van progressiewe dissipline?

    ‘n Skriftelike waarskuwing kommunikeer aan die werknemer dat ‘n reël of prosedure in die werksplek oortree is en dat indien die spesifieke wangedrag herhaal word binne ‘n spesifieke tydperk, daar verdere en meer ernstige dissipline toegepas sal word. Die uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing beteken nie noodwendig dat die werknemer werklik die dissiplinêre kode van die werkgewer verstaan, of die gevolge wat die wangedrag vir die werkgewer asook ander werknemers inhou nie.
    Berading is toepaslik in gevalle waar die werknemer nie voldoen aan ‘n reël of standaard van die werkgewer, of nie bewus is van ‘n reël wat gedrag reguleer nie, en in gevalle waar die oortreding nie as ernstig geag word nie.

    ‘n Goeie voorbeeld hiervan is ‘n werknemer wat gereeld laat vir werk opdaag. Volgens die dissiplinêre kode is ‘n werkgewer geregtig daarop om na die eerste geleentheid wat ‘n werknemer laat opdaag vir werk, ‘n skriftelike waarskuwing uit te reik. Na die derde keer dat ‘n werknemer laat opdaag vir werk en ‘n finale skriftelike waarskuwing uitgereik is kan die werknemer moontlik ontslaan word na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor. Die werknemer sal deeglik bewus wees daarvan dat aanhoudende laatkom onaanvaarbaar is vir die werkgewer en dat die werkgewer progressiewe dissipline toegepas het na aanleiding daarvan. Maar die vraag is of die werknemer werklik besef waarom dit belangrik is om betyds op te daag vir werk.
    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline kan in sulke gevalle tot voordeel vir beide die werkgewer en werknemer wees. Tydens ‘n formele berading konsultasie kan die werkgewer die negatiewe impak en gevolge van laatkom vir werk vir die werknemer uitwys. Die werknemer word ook die geleentheid gegee om redes te verskaf waarom hy of sy dikwels laatkom vir werk. Oplossings en voorstelle om die probleem op te los kan ook bespreek word.
    Dit is noodsaaklik om rekord te hou van sulke berading konsultasies en enige besluite en voorstelle wat gemaak word skriftelik aan te teken. Dit dien as bewys dat die werkgewer berading as progressiewe dissipline toegepas het. Indien die werknemer se wangedrag sou voortduur sal die werkgewer geen keuse hê as om verdere progressiewe dissipline in die vorm van skriftelike waarskuwings uit te reik nie.

    Wanneer is dit nie toepaslik nie?

    Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline sal egter nie toepaslik wees in gevalle van ernstige wangedrag soos byvoorbeeld diefstal, growwe nalatigheid en oneerlikheid nie. Hierdie oortredings behels ernstige wangedrag en lei gewoonlik daartoe dat die vertrouensverhouding tussen die werkgewer en werknemer onherstelbaar verbrokkel.
    Progressiewe dissipline, en meer spesifiek berading, kan suksesvol toegepas word in die werksplek indien die werknemer ‘n werklike poging aanwend om ‘n herhaling van die wangedrag te voorkom deur sy/haar gedrag reg te stel.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

    Diefstal en afdanking

    Diefstal en afdanking

    Diefstal en afdanking

    Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite, 12 van 2004 (“Prevention and Combating of Corrupt Activities Act, 12 of 2004 ‘PCCA’”)

    Op die gebied van arbeidsreg en korporatiewe bestuur is die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite, 12 van 2004 (“Prevention and Combating of Corrupt Activities Act, 12 of 2004 ‘PCCA’”) beduidend belangrik, veral wanneer dit kom by die aanspreek van wangedrag van werknemers wat diefstal, bedrog, afpersing of vervalste dokumentasie behels. Hierdie wetgewing stel ‘n deurslaggewende dimensie in wat werkgewers moet in ag neem wanneer hulle die ontslag van ‘n werknemer vir diefstal oorweeg.
    Wanneer ‘n werknemer skuldig bevind word aan diefstal van fondse wat aan hul werkgewer behoort, behels die standaardprotokol dikwels ‘n deeglike ondersoek en toepaslike dissiplinêre prosedures. Afhangende van die erns van die oortreding, kan die werknemer ontslaan word dienooreenkomstig met vasgestelde riglyne soos uiteengesit in Bylae 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (“WAV”). In gevalle waar beduidende geldelike bedrae betrokke is, moet werkgewers egter nou versigtig trap weens die bepalings soos uiteengesit in Artikel 34(1) van die PCCA.
    Sedert 31 Julie 2004 het die PCCA ‘n aanmeldingsverpligting ingestel op werkgewers wat kennis dra van, of selfs die vermoede het van ‘n werknemer se betrokkenheid by diefstal, bedrog, afpersing of die gebruik van ‘n vervalste dokument ten bedrae van R100 000.00 of meer. Hierdie mandaat noodsaak dat werkgewers sodanige kennis of vermoede by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld, selfs voordat ‘n ontslag oorweeg word. Die omvang van hierdie vereiste onderstreep die wetgewer se verbintenis tot die bekamping van korrupte aktiwiteite binne die korporatiewe en indiensnemingsektor.
    Versuim om aan hierdie verslagdoeningsverpligting wat deur die PCCA opgelê word te voldoen, hou ernstige gevolge vir werkgewers in. Artikel 34(2) van die Wet kriminaliseer ‘n werkgewer se versuim om kennis van ‘n werknemer se wangedrag aan te meld, wat hulle aan potensiële boetes of selfs tronkstraf vir tot 10 jaar blootstel. Dit beklemtoon die erns waarmee die Suid-Afrikaanse regstelsel die verslagdoeningsverpligting beskou en die noodsaaklikheid vir werkgewers om omsigtigheid aan die dag te lê.
    Terwyl die PCCA die belangrikheid van verslaggewing versterk, moet werkgewers ook beginsels van regverdigheid en behoorlike proses handhaaf wanneer hulle met werknemers te doen het wat moontlike aanklagte van diefstal in die gesig staar. ‘n Goed gestruktureerde en billike prosedure moet gevolg word voordat ‘n werknemer ontslaan word, om te verseker dat die werknemer se regte gerespekteer word en dat ‘n konsekwente benadering toegepas word. Dit handhaaf nie net etiese standaarde nie, maar beskerm ook die besigheid teen potensiële regsuitdagings. Die PCCA beklemtoon die belangrikheid van ‘n holistiese beoordeling van die omstandighede rondom ‘n werknemer se beweerde diefstal. Werkgewers moet faktore soos die bedoeling, die bedrag en die aard van die wangedrag noukeurig oorweeg. Hierdie beraadslaging help om ‘n toepaslike optrede te bepaal, hetsy dit dissiplinêre maatreëls of nakoming van die verslagdoeningsverpligtinge is. Die beginsel van proporsionaliteit behoort werkgewers te lei om ‘n balans tussen straf en die strewe na geregtigheid te vind.
    BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
    LAAT LWO JOU HELP!

    Raamwerk vir werkgewers

    Die PCCA verteenwoordig ‘n deurslaggewende raamwerk vir werkgewers in Suid-Afrika om finansiële wangedrag binne hul organisasies te bekamp. Terwyl die Wet die mandaat gee vir rapportering van gevalle van wesenlike diefstal of bedrog aktiwiteite, moet werkgewers ook regverdigheid en behoorlike proses handhaaf tydens dissiplinêre aksie. Terwyl werkgewers die kompleksiteit van die Wet navigeer, word hulle herinner aan hul dubbele verantwoordelikheid om hul belange te beskerm en die beginsels van geregtigheid en aanspreeklikheid te handhaaf.

    Diefstal is ernstige wangedrag

    Diefstal in die werksplek is ‘n ernstige wangedrag wat bykomende druk op ‘n besigheid plaas in terme van winsgewendheid en volhoubaarheid. In die meeste gevalle van diefstal is ontslag as ‘n sanksie gepas aangesien die reël teen diefstal nie net goed bekend is nie, maar teruggaan na die wortel van die diensverhouding wat ‘n werknemer bind om in goeie trou op te tree en om die werkgewer se belange te bevorder. Hierdie wangedrag kan die diensverhouding negatief beïnvloed, wat vertroue onversoenbaar maak. Volg altyd die korrekte prosedures met betrekking tot arbeidsaangeleenthede, veral ontslag en algemene dissipline in die werksplek.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.