Nasionale minimum loon

Die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, het die algemene publiek op 26 Maart 2018 in kennis gestel dat die Nasionale Minimum Loon Wet (NMLW) nie op 1 Mei 2018 inwerking sal tree nie. ‘n Nuwe implementeringsdatum is nog nie aangedui nie. Werkgewers is steeds in die donker met betrekking tot die doen van finansiële beplanning vir loonverhogings om aan toepaslike wetgewing te voldoen.

Wat ons tans weet:

  • Inligting tans beskikbaar dui daarop dat wanneer die NMLW inwerking tree en geïmplementeer word, werkgewers verplig sal wees om die minimum loon te betaal. Hierdie bedrag is tans vasgestel op R20.00 per uur vir alle werknemers in Suid-Afrika. Dit is ongeag die bedryf of industrie waarin hul werksaam is. Die landbou/bosbou en huiswerkersektore het reeds vrystelling ontvang om onderskeidelik 90% en 75% van die nasionale minimum loon te betaal. Dit word bereken tot R18.00 per uur vir die landbou/bosbousektore en R15.00 per uur vir die huiswerkersektor. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang. Hierdie vrystelling is geldig vir ‘n tydperk van twee jaar, waarna alle werkgewers ten minste die nasionale minimum loon soos afgekondig, moet betaal. Afhangende van besluite wat geneem word in die parlement, kan hierdie minimum loon en tydperk van twee jaar nog verander, maar is dit die jongste gepubliseerde inligting beskikbaar.

    Daar kan met regte gesê word dat die hele aangeleentheid rondom die NMLW tot groot onsekerheid in die werksomgewing gelei het en sal werkgewers duidelikheid verwelkom.

    Kontak ons gerus by 086 110 1826 met enige navrae in die verband.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.