‘n Staking kan dus wettig wees in terme van die Grondwet, maar kan wel onbeskermd wees wanneer die korrekte prosedure nie gevolg word nie.

Strikes have a major impact on businesses’ profitability and survival, as well as the larger economy. Stakings het ‘n groot impak op besighede se winsgewendheid en voortbestaan, asook op die ekonomie. Volgens die Departement van Arbeids is daar ‘n groot toename in die aantal stakings. Die hoofredes vir meeste stakings is salaris en bonus verwant.

Die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf stakings as:

Die gedeeltelike of volkome gesamentlike weiering om te werk, deur die werknemers, met die oog op die regsstelling van ‘n onderlinge belang of grief tussen werkgewer en werknemer.

Werkgewers het meestal die volgende vrae:

Mag werknemers staak?
Werknemers het die reg, in terme van die Grondwet, om te staak. ‘n Staking kan dus wettig wees in terme van die Grondwet, maar kan wel onbeskermd wees wanneer die korrekte prosedure nie gevolg word nie.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is die korrekte prosedure vir werknemers om te staak?

Die interne griewe prosedure moet eers gevolg word in die geval van ‘n dispuut in die werksplek. Indien die dispuut nie opgelos word nie, mag die dispuut verwys word na die KVBA Die kommissaris sal dan die dispuut probeer oplos deur konsiliasie. Indien die dispuut nie opgelos kan word nie of die saak nie binne 30 dae na die verwysing van die dispuut na die KVBA bemiddel is nie, kan die kommissaris ‘n sertifikaat uitreik wat werknemers toestemming gee om met ‘n staking te begin. Werknemer moet wel in alle gevalle die werkgewer in kennis stel van hulle intensies om te staak. Hierdie kennisperiode van die intensie om te staak moet ten minste 48uur beloop.

Kan werknemers ontslaan word vir deelname aan ‘n staking?

Die werkgewer kan steeds dissiplinêre stappe neem teen werknemers wie hulself skuldig maak aan wangedrag tydens ‘n staking. Voorbeelde van wangedrag sluit in intimidasie van nie-stakende werknemers, skade veroorsaak deur hul optrede, ens. Indien die werknemers nie voldoen aan die bogenoemde prosedures nie, sal die staking as onbeskermd gesien word. Werknemer wat deelneem aan ‘n onbeskermde staking kan afgedank word. Werkgewers is steeds onderhewig aan wetgewing en moet die korrekte en regverdige prosedure volg.

Hou in gedagte dat daar altyd eers ‘n dissiplinêre verhoorgehou moet word voor ‘n werknemer ontslaan kan word.

Wat gebeur as werknemers deelneem aan ‘n onbeskermde staking? Alhoewel deelname aan ‘n staking ‘n ontslagbare oortreding is, moet die werkgewer steeds die korrekte prosedure volg. Oorhandig ‘n eerste ultimatum om werknemers te verwittig dat hulle tans deelneem aan ‘n onbeskermde staking. Die ultimatum moet die volgende duidelik maak: Die werkgewer die reg het om dissiplinêr op te tree; Werknemers word ook skriftelik aangesê om terug te keer werk toe; Die gevolge indien die werknemers nie gehoor gee nie. Die volgende stap is dan finale ultimatum. Dit is belangrik om werknemers genoeg tyd te gun om te herstel. Ultimatums moet duidelik en verstaanbaar wees in ‘n taal wat werknemers verstaan. Werkgewers en werknemers word aangemoedig om te verseker dat hulle die nodige prosedures volg om geskille in die werkplek te hanteer.

As spesialiste en markleiers in die arbeidsreg veld, staan die LWO werkgewers by om hulle besigheidsrisiko aan te spreek en proaktief te bestuur.

Word vandag ‘n lid en haal die kopseer uit die nakoming van arbeidswetgewing!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.