Vals gerugte oor die nasionale minimum loon

Gerugte en kennisgewings deur arbeidskonsultante doen die rondte dat die implementeringsdatum van die nasionale minimum loon 1 Oktober 2018 sal wees.

Hierdie gerugte is van alle waarheid ontbloot en is nie korrek nie!

Mnr. Thembinkosi Mkalipi, Hoof Direkteur, Arbeidsverhoudinge van die Departement van Arbeid het skriftelik bevestig dat daar op die stadium geen datum bepaal is vir die implementering van die nasionale minimum loon nie. Mnr. Mkalipi het ook bevestig dat die Parlement steeds besig is met prosesse rondom die nasionale minimum loon wetgewing. Werkgewers is dus steeds nie in staat om die nodige finansiële beplanning te doen nie.

Hou ook in gedagte dat werkgewers intussen moet voortgaan om te voldoen aan huidige wetgewing ten opsigte van industrie spesifieke minimum lone.

Kontak gerus die LWO by 086 110 1828 met enige navrae in hierdie verband. Ons is 24/7 beskikbaar.

Nog nie ‘n lid by die LWO – gaan kyk gerus na ons lidmaatskap opsies!

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.