Personeelvermindering

Werkgewers het twee doelwitte: winsgewendheid en volhoubaarheid. Personeelvermindering is die proses wat die werkgewer moet volg wanneer, onder andere, ‘n werknemer se posisie oorbodig word en ontslag plaasvind weens operasionele vereistes. Employers must consistently evaluate all factors that can influence the long term success of the business in order to create a cost-effective environment enabling the business to Die bepalings en voorwaardes van indiensname mag nie eensydig aangepas word nie..

Arbeidswetgewing spesifiseer ‘n baie streng prosedure wat gevolg moet word wanneer die bepalings en voorwaardes van diens verander word aangesien dit nie eensydig gedoen kan word nie.

Substantiewe billikheid – vir watter redes kan die werkgewer werknemers aflê:

Ekonomiese redes

Dit verwys na wanneer ‘n besigheid nie meer in die finansiële posisie is om alle huidige personeel indiens te hou nie, bv:

  • die ekonomie;
  • ‘n droogte;
  • wetswysigings wat impakteer op besigheidskoste;
  • toetrede van konkurrente tot die mark; ens.

Tegnologiese redes

Die vooruitgang in ‘n sektor bring dikwels nuwe werkswyses en tegnologie voort.

  • Hierdie vooruitgang kan lei tot poste wat oorbodig word, bv:
  • nuwe tegnieke;
  • masjinerie en meganisasie

Strukturele redes

Wanneer die besigheid aanpas by ‘n veranderende omgewing, hetsy positief of negatief, vind herstrukturering plaas. Dit kan lei tot poste wat oorbodig raak. Strukturele redes kan ook verwys na wanneer ‘n besigheid strategiese veranderinge maak in terme van visie en doelwitte.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

Prosedurele billikheid – volg die korrekte prosedure:

Stel die werknemer in kennis

Nadat alle moontlikhede oorweeg is en personeelvermindering die laaste opsie is, moet die werkgewer werknemers deur ‘n geskrewe memorandum hiervan inlig. Vakbonde moet ook in kennis gestel word waar van toepassing. Spesifieke inligting moet hierin vervat word en moet werknemers ten minste 48 uur kennisgewing ontvang om voor te berei vir die konsultasie. Indien ‘n werknemer ‘n lid is van ‘n vakbond, moet die vakbond ook in kennis gestel word

vakbond, moet die vakbond ook in kennis gestel word

Alle partye neem deel aan die konsultasie ten einde alternatiewe tot personeelvermindering te ondersoek, tydslyne opstel en die negatiewe impak van die aflegging te beperk. Die werkgewer moet deurgaans ontvanklik wees vir voorstelle en individueel konsulteer met elke werknemer wat moontlik hierdeur geaffekteer kan word. Vergaderings moet gehou word met alle moontlik geaffekteerde werknemers sowel as die vakbond waar van toepassing.

Implementering nadat konsensus bereik is

Partye moet aanhou om te konsulteer totdat konsensus bereik is. Indien daar steeds geen alternatief tot afleggings bestaan nie, kan die werkgewer voortgaan met die personeelvermindering – hierdie werknemers is dan geregtig op die volgende betalings waar van toepassing:

  • skeidingspakket (een week vir elke voltooide jaar van diens)
  • kennisperiode
  • uitstaande verlof
  • enige ander uitstaande bedrag waarop die werknemer geregtig is.

Meeste sake wat na die (KVBA ) verwys word hou verband met onbillike ontslag. Arbitrasiebevele word in die algemeen in die guns van die werknemer bevind as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedures volg nie Om aan arbeidswetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en hou ‘n groot besigheidsrisiko in vir die werkgewer – bestuur dit pro-aktief en beskerm jou besigheid.

Kontak die LWO vir enige bystand en advies aangaande personeelvermindering

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.