Nasionale minimum loon – 1 Januarie 2019

Die president het die Nasionale Minimum Loon Wet, asook die wysigings aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge geteken op Vrydag, 23 November 2018. Hierdie wetgewing tree inwerking op 1 Januarie 2019.

Wat behels dit?

Met intrede 1 Januarie 2019 is werkgewers verplig om ten minste die nasionale minimum loon te betaal. Hierdie bedrag is vasgestel teen R20.00 per uur vir alle werknemers in Suid-Afrika.. Dit is ongeag die bedryf of industrie waarin hulle werksaam is Die landbou/bosbou en huiswerkersektore het vrystelling ontvang om onderskeidelik 90% en 75% van die nasionale minimum loon te betaal. Dit bereken tot R18.00 per uur vir die landbou/bosbousektore enR15.00 per uur vir die huiswerkersektor.. Hierdie vrystelling is geldig vir twee jaar. Daarna moet alle werkgewers minstens die nasionale minimum loon soos aangekondig betaal. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

Kwytskelding?

Indien werkgewers nie die nasionale minimum loon kan betaal nie, kan hul aansoek doen om kwytskelding (verlaging) vir die betaling van die vasgestelde minimum loon. Hierdie is ‘n aanlynproses en indien kwytskelding toegestaan word, is dit slegs vir 1 jaar.

Ander bepalings?

Werkgewers moet verder kennis neem dat slegs die loonkomponent van die wetgewing gewysig is. Ander bepalings met verwysing na verlof, werksure, aftrekkings, oortyd, behuising, ens. geld steeds soos van toepassing op jou industrie. Indien jou industrie se vasgestelde minimum loon egter hoër is as die nasionale minimum loon, moet jy die hoër loon betaal.

Asseblief Kontak ons gerus met enige navrae in hierdie verband, of indien u regsadvies/bystand benodig. Ons is 24/7 beskikbaar.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.