Dissiplinêre verhoor – hoe om voor te berei

Voorbereiding vir ‘n dissiplinêre verhoor is baie belangrik. Werkgewers moet daarop fokus om deeglik voor te berei vir alle dissiplinêre verhore.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy voorberei vir ‘n dissiplinêre verhoor:

  • Maak seker dat aantygings nie kwaadwillig gebring word nie en dat daar genoegsame bewyse is om elke bewering te staaf.
  • Ondersoekal die omringende omstandighede tot die aantygings.
  • Assesseer die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die wangedrag en die omringende omstandighede daartoe.
  • Evalueerof die bewyse voldoende is om die werknemer se skuld te bewys.
  • Formuleer die klagtes en maak seker dat dit die korrekte feite bevat.
  • Stel ‘n bekwame verteenwoordiger (LWO) aan om die saak namens die werkgewer aan te voer, indien nodig.
  • ‘n Onpartydige voorsittende beampte moet aangewys word om op te tree as voorsitter tydens die verhoor.
  • Besluit op bewyse en/of getuies om tydens die verhoor te gebruik en orden dit chronologies. Bewyse kan die volgende insluit: dokumentasie, foto’s beeldmateriaal, persoonlike getuienis, ens.
  • Antisipeer moontlike verweerwat die werknemer kan aanvoer tydens die verhoor en berei vrae voor om die werknemer te kruisondervra.
  • Berei slotbetoë voor waarin die bewyse opgesom word, asook geargumenteer word waarom die werknemer skuldig is aan die aantygings.

Kontak die LWO vir bystand met die proses. Ons maak arbeidsreg maklik en eenvoudig.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.