Weiering om gewysigde diensvoorwaardes te aanvaar

Ontslag in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge is onder andere outomaties onbilik indien die werkgewer die werknemer ontslaag weens:

  • die werknemer se uitoefening van sy reg op vryheid van assosiasie, of
  • die werknemer se weiering om ‘n eis van gemeenskaplike belang tussen die werknemer en die werkgewer te aanvaar. ‘n Wysiging van ‘n werknemer se diensvoorwaardes sal kwalifiseer as ‘n eis van gemeenskaplike belang deur die werkgewer.

Wysigings aan diensvoorwaardes word dikwels vereis as gevolg van ‘n verandering in die werkgewer se operasionele vereistes. Wanneer die diensverhouding egter beëindig word as gevolg van hierdie operasionele vereistes, moet dit voorafgegaan word deur ‘n personeelverminderingsprosedure.

Personeelvermindering is ‘n geen fout-ontslag aangesien die werknemer niks verkeerd gedoen het nie en die ontslag in ooreenstemming is met die operasionele vereistes. Tydens die personeelverminderingsproses is dit die werkgewer en die werknemer se verpligting om alle alternatiewe te oorweeg wat moontlike ontslag van die werknemers kan verhoed.

Wat moet werkgewers weet?

Indien die wysiging van die diensvoorwaardes ‘n billike en sinville alternatief is om werknemers se ontslag te voorkom, moet die werkgewer en werknemer hierdie herstrukturering en wysiging van diensvoorwaardes oorweeg. Indien die billike en sinvolle alternatief verwerp word deur die werknemer, het die werkgewer die reg om weens die operasionele vereistes die herstrukturering en wysiging van diensvoorwaardes te implementeer.

Enige werknemer wat daarna die gewysigde diensvoorwaardes verwerp kan ontslaan word weens operasionele vereistes van die werkgewer. Die ontslag sal dus nie geklassifiseer kan word onder outomatiese onbillike ontslag nie, maar as ‘n ontslag weens operasionele vereistes. Die werkgewer moet kan bewys dat daar ‘n werklike operasionele behoefte bestaan het om diensvoorwaardes te wysig en dat daar geen redelike alternatief tot ontslag is nie. Dit is krities dat die werkgewer ook kan bewys dat ‘n billike konsultasie proses gevolg is.

Kontak die LWO vir bystand met die proses. Ons maak arbeidsreg maklik en eenvoudig.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.