Herindiensneming van ‘n oorlede werknemer

Dit is algemeen in die werksplek en in terme van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en Arbeidshof uitsprake dat die herindiensneming van ‘n werknemer ‘n gepaste bevinding is vir gevalle van onbillike ontslag in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die doel van herindiensneming is primêr om die werknemer in die posisie te plaas waarin die werknemer sou wees voor die onbillike ontslag.

Maar is die herindiensneming van ‘n oorlede werknemer moontlik?

Die antwoord is JA Die regspraak van die KVBA en Arbeidsappèlhof oor hierdie aspek is beslissend dat werknemers wat gesterf het steeds geregtig is om hul dag in die hof te kan kry en selfs na afsterwe “her-indiens” geneem te word.

Die beslissings is gebaseer op die feit dat selfs indien ‘n werknemer sterf, die voordele in terme van ‘n dienskontrak by afsterwe nie verbeur word indien die uitspraak herindiensneming gelas nie. In terme van wetgewing wat bestorwe boedels reguleer sal die voordele die bestorwe boedel van die werknemer toeval en kan die eksekuteur die voordele afdwing.

Alhoewel die oorlede werknemer dus nie werklik herindiens geneem word nie, sal die diensvoordele naamlik maandelikse salaris, jaarlikse verlofkrediet en enige ander vergoeding waarop die werknemer gergtig is, verskuldig wees vanaf datum van herindiensneming tot datum van afsterwe.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Neem kennis:

Dit is belangrik om te onthou dat die uitsondering, naamlik waar dit prakties nie moontlik is om ‘n werknemer herindiens te neem weens die werkgewer se operasionele vereistes nie, nie sal geld in gevalle waar gelas word dat ‘n oorlede werknemer hier-indiens geneem moet word nie.

Die LWO staan werkgewers by om aan arbeidsreg te voldoen en jou besigheid te beskerm Kontak ons vir enige bystand met die bogenoemde.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.