Openbare vakansiedae en werknemers – hoe nou?

Die produktiwiteit en finansiële sukses van enige werkgewer se besigheid is afhanklik van verskeie faktore, waaronder werknemers se teenwoordigheid en effektiewe dienslewering in die werksplek ‘n kritiese deel uitmaak.

Publieke vakansiedae kan ‘n groot impak op werkgewers hê in gevalle waar werknemers benodig word om besigheidsaktiwiteite voort te it. Openbare vakansiedae wor gereguleer deur die Wet op Openbare Vakansiedae (WOV), terwyl die betaling aan werknemers vir werk gedoen op openbare vakansiedae gereguleer word deur arbeidswetgewing – die Wet op Baiese Diensvoorwaardes (WBDV), ‘n Sektorale Vasstelling of Bedingingsraad se Kollektiewe ooreenkoms, welke ook al van toepassing is op die werkgewer se spesifieke industrie.
‘n Werkgewer is daarop geregtig om sy werknemer te versoek om op ‘n openbare vakansiedag te werk, maar sodanige reëling moet vervat word in die werknemer se dienskontrak aangesien die WBDV nie ‘n verpligting plaas op werknemers om te werk nie.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Hoe werk vergoeding vir dienslewering op ‘n openbare vakansiedag?

Suid-Afrika het 12 amptelike openbare vakansiedae. Die WOV bepaal egter dat indien ‘n opendbare vakansiedag op ‘n Sondag val, die daaropvolgende Maandag ook sal kwalifiseer as ‘n openbare vakansiedag. Werkgewers moet in gedagte hou dat die berekening van vergoeding met betrekking tot enige openbare vakansiedag dieselfde hanteer moet word, ongeag of die openbare vakansiedag op ‘n Sondag val.

Die berekening van vergoeding wat betaalbaar is met openbare vakansiedae kan egter verwarrend wees. Daar is twee scenarios van toepassing:

Scenario 1: Die openbare vakansiedag val op ‘n dag wat die werknemer normaalweg sou werk:

  • Betaling indien daar van die werknemer verwag word om wel op hierdie dag te werk: dubbel die werknemer se daaglikse loon (ongeag die hoeveelheid ure gewerk).
  • Betaling indien daar nie van die werknemer verwag word om op hierdie dag te werk nie: die werknemer se normale daaglikse loon.

Scenario 2: Die openbare vakansiedag val op ‘n dag wat die werknemer nie normaalweg sou werk nie:

  • Betaling indien daar van die werknemer verwag word om wel op hierdie dag te werk: die werknemer se daaglikse loon plus die werknemer se uurlikse tarief vir ure gewerk (neem kennis dat die werknemer ten minste vir ‘n minimum van 4 ure betaal moet word, selfs indien die werknemer vir minder as 4 ure gewerk het).
  • Betaling indien daar nie van die werknemer van die werknemer verwag word om op hierdie dag te werk nie: geen betaling.

Redelike kennisgewing en uitruiling van openbare vakansiedae

Die werkgewer moet werknemers redelike kennis gee indien daar van werknemers verwag gaan word om op ‘n openbare vakansiedag te werk. In terme van die WOV kan ‘n openbare vakansiedag uitgeruil word met ‘n ander dag, maar slegs waar daar met die werknemer ‘n skriftelike reëling getref is vir hierdie uitruiling. Waar ‘n openbare vakansiedag uitgeruil is sal die werkneemr slegs dan die normale dagtarief ontvang vir beide dae.

Kontak die LWO vir einge bystand of advies aangaande die saak.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.