‘n Wêreld se geleenthede: gebruik arbeidsreg om jou besigheid te beskerm

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Om aan wetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie. Die omvang daarvan kan as oorweldigend gesien word aangesien dit ‘n hoogs gereguleerde omgewing is. Die Wêreld Ekonomiese Forum het die jaarlikse Globale Mededingendheidsverslag in oktober 2019 gepubliseer. Hierdie verslag meet prestasie volgens 114 aanwysers wat ‘n nasie se produktiwiteitbeïnvloed, en as maatstaf dien van langtermyn mededingendheid. In die verslag word 141 ekonomieë beoordeel, wat 98% van die wêreld se BBP beslaan.

Uit 141 lande, rangeer Suid-Afrika as volg met spesifieke verwysing na die arbeidsomgewing:

  • Samewerking in werkgewer-werknemer verhoudinge: 139/141
  • Aanstel- en afdankingpraktyke: 129/141
  • Aanpasbaarheid van loonvasstellings: 134/141
  • Gemak om buitelandse arbeid te huur: 123/141
  • Betaling teenoor produktiwiteit: 83/141
  • Werknemers se regte: 26/141

‘n Volgehoue onvoldoende aanpasbaarheid in die arbeidsmark word in die verslag aangedui as een van die sleutelfaktore wat Suid-Afrika se mededingendheid rem.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat kan werkgewers doen om hulle besighede te beskerm?

Eerstens, maak seker dat jy aan arbeidswetgewing voldoen. Tweedens, gebruik arbeidswetgewing tot jou voordeel om jou besigheid te beskerm en risiko te beperk deur moontlike toekomstige dispute tussen die werkgewer en die werknemer proaktief te bestuur.

Wees proaktief

Die dienskontrak is die heel belangrikste dokument in die verhouding tussen die werkgewer en die werknemer. Een van die grootste foute wat werkgewers maak is om ‘n generiese dienskontrak te gebruik wat minimale beskerming bied wanneer daar ‘n dispuut in die werksplek ontstaan. Wanneer ‘n dienskontrak opgestel word, moet die werkgewer seker maak dat die kontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen afhangende van die besigheidsindustrie.

Proaktiewe klousules in die dienskontrak beperk moontlike toekomstige dispute en posisioneer die werkgewer vir die diensverhouding vorentoe.

Proaktiewe klousules sluit in:

  • Verwysing na beleide, prosedures en ‘n dissiplinêre kode wat die reëls en prosedures beskryf waaraan die werknemer en werkgewer moet voldoen.
  • Pligstaat – wat van die werknemer verwag word met betrekking tot pligte en die werkgewer se vaste operasionele standaard.
  • Voeg aanhangsels tot die kontrak om die besigheid vorentoe verder te beskerm.
  • Tipiese aanhangsels sluit in:

Addisionele bepalings tot die dienskontrak kan ingesluit word deur aanhangsels tot die dienskontrak by te voeg.

Tipiese aanhegsels sluit in:

  • Pligstaat – wat word verwag van die werknemer met verwysing na pligte, asook die werkgewer se vasgestelde operasionele standaard
  • Handelsbeperking en konfidensialiteitsooreenkoms – hierdie is veral krities by meer gespesialiseerde besigheidsaktiwiteite om konfidensiële informasie, unieke metodes en prosedures, patente, ens. te beskerm en te verhoed dat hierdie sensitiewe inligting by mededingers opeindig.

Ten slotte

Deur arbeidsrisiko proaktief aan te spreek, kan die werkgewer grootliks bydra tot die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid. Dit verseker ook ‘n werksomgewing met beperkte konflik, wrywing en misverstande wat weer ‘n gestruktureerde omgewing daarstel wat ontvanklik is vir groei.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.