Coronavirus (COVID-19) en werkgewers se regte verantwoordelikheid

Met die huidige bevestiging dat die Coronavirus (COVID-19) aook nou in Suid-Afrika gediagnoseer is, word dit belangrik vir werkgewers om te weet wat hulle regte en verpligtinge is teenoor werknemers en ander persone wat die werkgewer se besigheidsperseel betree. Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid plaas ‘n uitdruklike verpligting op die werkgewer om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf.

Gegewe die feit dat die Coronavirus (COVID-19) ‘n ernstige aansteeklike virus is en as ‘n internasionale epidemie verklaar is waar die Wêreld Gesondheidsorganisasie vereis dat ‘n geïnfekteerde persoon onder kwarantyn geplaas word, sal ‘n werkgewer weens hierdie mediese feite geregverdig wees om ‘n werknemer te verplig om mediese toetsing te ondergaan. Mediese toetsing kan egter slegs toegepas word op werknemers wat simptome toon van ‘n infeksie.

‘n Werknemer is vermoedelik geïnfekteer met die Coronavirus (COVID-19)

Die werkgewer het die reg om ‘n mediese ongeskiktheidskonsultasie te doen en ‘n doktersverslag aan te vra vir ‘n formele mediese verslag, asook of die werknemer geskik is vir diens. Hierdie inligting moet natuurlik vertroulik hanteer word en stel wetgewing streng riglyne wanneer hierdie proses gevolg word.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

‘n Mediese praktisyn het bevestig dat ‘n werknemer wel geïnfekteer is met die Coronavirus (COVID-19)

Sodra ‘n mediese praktisyn bevestig dat ‘n werknemer geïnfekteer is met die Coronavirus (COVID-19), moet die werknemer onder kwarantyn geplaas word en sal hierdie tydperk van afwesigheid as siekverlof geag word (‘n mediese sertifikaat moet ingedien word by die werkgewer). Indien die werknemer nie siekverlof tot sy/haar beskikking het nie, sal jaarlikse verlof en/of onbetaalde verlof hiervoor aangewend word. ‘n Werknemer moet nie toegelaat word om terug te keer werk toe nie alvorens ‘n mediese dokter bevestig het dat die werknemer geskik is vir diens.

Werkgewer se verantwoordelikheid teenoor ander werknemers

Wanneer daar ‘n bevestigde geval is in die werksplek waar ‘n werknemer geïnfekteer is met die Coronavirus (COVID-19) en onder kwarantyn geplaas is, het die werkgewer ook ‘n verantwoordelikheid teenoor ander werknemers en moet die volgende gebeur:

  • Meld die insident aan by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD).
  • Verplig alle werknemers om mediese toetsing te ondergaan (geregverdig weens mediese feite onder buitengewone omstandighede).
  • Afhangende van bogenoemde uitslae en terugvoer vanaf die NICD, sal die werkgewer moontlik die besigheid moet sluit vir ‘n spesifieke periode.

Wees proaktief

‘n Infeksiebeheerprogram kan opgestel word in die werksplek wat die volgende aanspreek:

  • Die ontwikkeling van ‘n infeksiebeheerplan na aanleiding van ‘n risikobepaling.
  • Implementering van omgewingskontroles, soso om voldoende ventilasie te verseker, hoeshigiëne, gebruik van ultraviolet-lig ontsmetting van die lug, fasiliteite om hande te was, ens.
  • Identifiseer werknemers wat moontlik geïnfekteer is deur die Coronavirus (COVID-19) en vereis die werknemer om onmiddelik mediese toetsing te deurloop vir moontlike diagnose en behandeling.
  • Verseker die gebruik van maskers, handskoene, ontsmettingsmiddels, ens. – enige gebruik van toerusting of hulpmiddels is vir beskerming en kan help om die verspreiding van aansteeklike siektes/virusse te beperk.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) se kontakbesonderhede is as volg:

  • Die algemene openbare blitslynnommer is 0800 029 999 en werk op weeksdae, Maandag tot Vrydag, gedurende 08:00 en 16:00.
  • Verdere inligting kan bekom word op die webtuiste: www.nicd.ad.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.