Coronavirus (COVID-19) opvolg (17/03/2020)

COVID-19: Direkte impak van die Coronavirus op die werksplek

Hiermee ‘n opsomming van besluite geneem ten opsigte van die Coronavirus (COVID-19) tydens Nedlac se spesiale uitvoerende komitee vergadering gehou op 16 Maart 2020:

  • Veligheid en gesondheid risiko assesserings moet in alle werksplekke gedoen word. Riglyne en inligtingslyste sal op www.labour.gov.zabeskikbaar wees.
  • Werkgewers moet baie streng higiënereëls in werksplekke toepas (fasiliteite om hande te kan was is baie belangrik).
  • As ‘n werknemer hulself moet isoleer na ‘n internasionale reis of kontak met ‘n persoon wat die virus onder lede het, sal so ‘n isolasie-tydperk as spesiale verlof (onbetaald) geag word en deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) vergoed word.
  • As ‘n besigheid moet sluit weens potensiële besmetting, sal die WVF amptenare uitstuur om werknemers te help om eise in te dien vir die tydperk van sluiting.
  • Daar sal hulp beskikbaar wees vir besighede wat in die moeilikheid beland weens die Coronavirus (COVID-19). Dit sal deur die Nasionale Tesourie hanteer word en geen inligting is nog beskikbaar hieroor nie.
  • Werknemers wat die virus tydens hul diens opdoen, sal ‘n eis hê ingevolge die Wet op vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA).

Sodra vorms en ander hulpbronne beskikbaar word, sal dit onmiddelik aan lede beskikbaar gemaak word.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

COVID-19: Bekommernisse van werkgewers om besigheidsaktiwiteite volhoubaar voort te sit gedurende die verklaarde ramptoestand

  • Werkgewers se verpligting om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf
    Werkgewers moet ‘n veiligheid en gesondheid risiko assessering doen in die werksplek en ‘n infeksiebeheerplan ontwikkel en implementeer na aanleiding van die risikobepaling. Tree proaktief op deur streng higiënereëls toe te pas.
  • Tree proaktief op deur streng higiënereëls toe te pas.
    Let daarop dat elke werkplek verskil en werkgewers se unieke omstandighede sal bepaal watter oplossing oorweeg kan word. Dit is krities dat werkgewers die korrekte prosedure moet volg. Opsies sluit in:
    • Korttyd: Werkgewers kan korttyd implementeer wanneer die normale werksvolume drasties afgeneem het, maar daar steeds aktiwiteite moet plaasvind. Werknemers werk dus minder ure en word dienooreenkomstig vergoed vir ure gewerk.
    • Tydelike afleggings: Werkgewers kan werknemers tydelik aflê weens operasionele vereistes wanneer besigheidsaktiwiteite tot stilstand kom. Werknemers is geregtig om WVF voordele te eis vir hierdie tydperk.
    • Onbetaalde verlof: Die werkgewer en werknemer kan ooreenkom op onbetaalde verlof vir ‘n spesifieke tydperk.
  • Afwesigheid vanaf die werksplek
    • Selfkwarantyn: As ‘n werknemer hulself moet isoleer na ‘n internasionale reis of kontak met ‘n persoon wat die virus onder lede het, sal so ‘n isolasie-tydperk as spesiale verlof (onbetaald) geag word en deur die WVF vergoed word.
    • Risiko gekoppel aan openbare vervoer: Die werknemer het die verantwoordelikheid om aan te meld vir diens en sal afwesigheid hanteer word op die beginsel van geen werk geen betaling.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.