Nasionale inperking en die werkgewer

President Ramaphosa het ‘n nasionale inperking aangekondig op 23 Maart 2020 wat vanaf middernag 26 Maart 2020 tot middernag 16 April 2020sal geld.

Slegs besighede wat gekategoriseer word as noodsaaklike dienste mag ten volle operasioneel bly gedurende die inperkingsperiode. Hierdie kategorieë is gepubliseer in die Staatskoerant (25/03/2020), vewys na Bylae B op bladsy 10. Bykomende besighede wat gekategoriseer word as noodaaklike dienste is gepubliseer in die Staatskoerant (26/03/2020), verwys na bladsy 5, punt 6, waar toevoegings tot Bylae B gemaak word. Neem kennis dat werknemers in alle kategorieë wat moet pendel na die werksplek, deurlopend ‘n permit moet kan toon as bevestiging dat hulle optrede nie teenstrydig is met die regulasies in terme van die nasionale inperking nie. Laai ‘n permit af vir gebruik ten einde noodsaaklike dienste te kan lewer.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Met betrekking tot besighede wat buite hierdie kategorieë val, kan werkgewers die volgende opsies oorweeg:

  • Werkgewers wat in staat is om werknemers ten volle aan te hou betaal word aangemoedig om so voort te gaan indien dit nie die besigheid se volhoubaarheid in gedrang bring nie.
  • Werkgewers kan jaarlikse verlof aanwend vir die inperkingsperiode indien dit prakties uitvoerbaar is.
  • Werknemers kan toegelaat word om van die huis af te werk indien dit moontlik en prakties uitvoerbaar is.
  • Werkgewers kan die beginsel van “geen werk geen betaling” – toepas – werknemers word dan tydelik afgelê weens operasionele vereistes wanneer besigheidsaktiwiteite tot stilstand kom. Werknemers is geregtig om WVF voordele te eis vir hierdie tydperk.
  • Werkgewers kan korttyd implementeer wanneer die normale werksvolume drasties afgeneem het, maar daar steeds aktiwiteite moet plaasvind. Werknemers werk dus minder ure en word dienooreenkomstig vergoed vir ure gewerk. Werknemers is geregtig om WVF voordele te eis vir hierdie tydperk. Dit is belangrik dat hierdie aktiwiteite nie teenstrydig is met die regulasies in terme van die nasionale inperking nie. Werknemers kan byvoorbeeld toegelaat word om van die huis af te werk indien dit moontlik en prakties uitvoerbaar is.

‘n Gebruikersvriendelike hulpgids (“easy aid guide“) is vrygestel deur die Departement van Indiensneming en Arbeid met betrekking tot die eis van WVF.

‘n Gebruikersvriendelike hulpgids COVID-19 TERS easy aid guide is vrygestel deur die Departement van Indiensneming en Arbeid, met die doel om hulp aan werkgewerste bied in die vorm van finansiële bystand.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies – moenie generiese advies/inligting aanvaar nie – kry die beste oplossing vir jou besigheid en jouindustrie.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.