Waaksaamheid vlak 4: COVID-19

Waaksaamheid vlak 4

Suid-Afrika het beweeg na ‘n vlak 4 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 1 Mei 2020. Laai die Government Gazette dated 29 April 2020 af ter inligting om te implementeer. Werkgewers moet verseker dat hulle gekategoriseer word as of ‘n noodsaaklike diens, of as ‘n gemagtigde diens alvorens besigheidsaktiwiteite hervat word, soos en waar gemagtig.

Gesondheid en veiligheid

Laai die Staatskennisgewing gedateer 28 April 2020 af met betrekking tot die gesondheid- en veiligheidsregulasies in die werksplek. Werkgewers moet hierdie regulasies implementeer alvorens besigheidsaktiwiteite hervat word, soos en waar gemagtig in terme van die Staatskoerant gedurende waaksaamheid vlak 4.

Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n waaksaamheid vlak 4 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig in terme van die Staatskoerant gedateer 29 April 2020 om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis
  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Fisiese dienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 4 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede sal streng gemonitor word en onder spesiale voorwaardes plaasvind vanaf Donderdag 7 Mei 2020.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek soos gestel in die Staatskennisgewing gedateer 28 April 2020.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.