Siekverlof en covid-19

Werkgewers vaar deur onbekende waters sedert die nasionale inperkingstydperk geïmplementeer is einde Maart 2020. So baie uitdagings duik op: siekverlof, gesondheid en veiligheid, afleggings, korttyd, WVF, betaling van salarisse, onsekerheid en dissipline in die werksplek, ens. Die inperkingstydperk is geïmplementeer om die verspreiding van die COVID-19 virus hok te slaan en tyd te wen om die kapasiteit van Suid-Afrika se gesondheidstelsel voor te berei om COVID-19 gevalle te kan akkommodeer.

Met die daaropvolgende verskillende vlakke van waaksaamheid wat geïmplementeer word, mag meer besighede op verskillende kapasiteitsvlakke besigheid doen en word mense se beweging minder beperk. Sommige werknemers sal COVID-19 simptome toon en/of positief toets. Sommige werknemers sal COVID-19 simptome toon en/of positief toets. Werkgewers moet verseker dat hierdie gevalle bestuur word in lyn met die vereistes gestel deur arbeidswetgewing en Staatskennisgewings ten opsigte van COVID-19 beroespgesondheid en -veiligheidsmaatreëls.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Betaalde siekverlof

Die Gesondheid- en Veiligheidsdirektief(Direktief) wat uitgereik is op 28 April 2020 bepaal dat wanneer ‘n werknemer die werkgewer inlig van, of COVID-19 simptome toon, die werknemer op siekverlof geplaas moet word in terme van Artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die werknemer moet dan getoets word vir die virus en ‘n mediese sertifikaat aan die werkgewer voorsien:
  • Indien die werknemer positief toets vir COVID-19, sal die aantal dae betaalde siekverlof verskil van werknemer tot werknemer, afhangende van die herstelperiode. ‘n Werknemer mag slegs toegelaat word om terug te keer na die werksplek sodra die werknemer ‘n mediese ondersoek ondergaan het wat bevestig dat die werknemer negatief toets vir COVID-19 en geskik is vir werk.
  • Indien die werknemer negatief toets vir COVID-19, moet die werknemer onmiddelik terugkeer werk toe. Die afwesigheid in afwagting van die toetsuitslag sal steeds hanteer word as betaalde siekverlof.

Betaalde siekverlof is uitgeput

In terme van die Direktief mag ‘n werknemer WVF “siektevoordele” eis in terme van die COVID-19 TERS direktief wat op 25 Maart 2020 (klousule 4) uitgereik is. COVID-19 TERS eise was oorspronklik bedoel vir ‘n 14-dag periode van ooreengekome selfkwarantyn as ‘n voorsorgmaatreël, maar maak nou voorsiening vir die 14-dag kwarantynperiode om verleng te word, mits ‘n mediese sertifikaat die voortdurende siekte bevestig.

COIDA en siekverlof

Wanneer ‘n werknemer COVID-19 opdoen as gevolg van beroepsblootstelling, sal die siekverlof nie as normale siekverlofdae geag word nie, maar as spesiale siekverlofdae. Die werkgewer moet ‘n eis indien vir vergoeding in terme van die Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en –siektes (COIDA). Ingevolge COIDA sal die Vergoedingsfonds ‘n betaling doen vir totale tydelike ongeskiktheid vir so lank as wat die werknemer siek afgeboek is, maar nie vir ‘n periode langer as 30 dae nie.
Werkgewers het ‘n verpligting om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en in stand te hou en moet ‘n infeksiebeheerplan implementeer in die werkplek volgens ‘n gesondheid- en veiligheidsrisiko assessering.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.