Waaksaamheid vlak 3: COVID-19

Waaksaamheid vlak 3

Suid-Afrika het beweeg na ‘n vlak 3 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 1 Junie 2020. Laai die Staatskoerant gedateer 28 Mei 2020 af ter inligting om te implementeer

Gesondheid en veiligheid

Laai die Staatskennisgewing gedateer 4 Junie 2020 af met betrekking tot die gesondheid- en veiligheidsregulasies in die werksplek. Hierdie is die Gekonsolideerde COVID-19 Direktief oor Gesondheid en Veiligheid in die Werksplek uitgereik deur die Minister in terme van Regulasie 4(10) van die Nasionale Rampregulasies. Werkgewers moet daarop let om hierdie regulasies te implementeer alvorens besigheidsaktiwiteite hervat word.
Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n waaksaamheid vlak 3 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n groot bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis (nog nie ‘n lid nie – kyk hier na ons koste effektiewe en gebruikersvriendelike lidmaatskap pakkette):

  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Fisiese dienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 3 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede word deurlopend streng gemonitor en vind onder spesiale voorwaardes plaas.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.