Van die huis af werk

Van die huis af werk as ‘n opsie: Werkgewers vaar deur onbekende waters sedert die nasionale inperkingstydperk afgekondig is einde Maart 2020. Die inperkingstydperk is geïmplementeer om die verspreiding van die COVID-19 virus hok te slaan en tyd te wen om die kapasiteit van Suid-Afrika se gesondheidstelsel voor te berei om COVID-19 gevalle te kan akkommodeer.

Die pandemie het reeds ernstige implikasies vir baie Suid-Afrikaners ingehou, sowel as ‘n negatiewe ekonomiese impak op die land indie algemeen. Baie werkgewers is bekommerd daaroor om tydens hierdie verklaarde ramp operasioneel te bly, veral met betrekking tot verlies aan inkomste en die werkgewer se plig teenoor werknemers.

Werkgewers moet planne beraam om besighede winsgewend en volhoubaar te bestuur en implementeer baie werkgewers (waar dit prakties moontlik en werkbaar is) die werkswyse dat werknemers van die huis af werk. Hierdeur word die aantal werknemers in die werksplek beperk en kan sekere besigheidsaktiwiteite voortgaan, onderhewig aan gestelde regulasies en beperkinge van toepassing op die industrie.

Wanneer werknemers toegelaat word om van die huis af te werk, vir welke tydsperiode ookal, is daar natuurlik voor- en nadele – oorweeg die volgende aspekte:
Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Infrastruktuur en van die huis af werk

Bepaal of die werknemer se privaat woning dit toelaat dat die werknemer sy pligte effektief kan uitvoer. Die werkgewer het ‘n verpligting om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf. Hierdie verpligting word uitgebrei na ‘n werknemer se privaat woning wanneer ‘n werknemer van die huis af werk. Identifiseer die hulpbronne wat die werknemer gaan benodig om sy pligte uit te voer, bv. tegnologie, selfoon, rekenaar (hardeware en sagteware), internettoegang en data, skryfbehoeftes, ondersteuning, ens.

Produktiwiteit en van die huis af werk

Werknemers se produktiwiteit kan verhoog of verlaag wanneer daar van die huis af gewerk word. Dit hang af van verskeie faktore, insluitende die werknemer se verantwoordelikheidsin, ingesteldheid, werksetiek, afleidings, omgewing, ens. Dit is baie belangrik dat produktiwiteit gemoniteer word en gereelde skakeling plaasvind om die werkgewer se verwagtinge teenoor die werknemer se prestasie duidelik te kommunikeer. Dit is belangrik om klem te lê op die werknemer se uitsette: stel meetbare doelwitte met sperdatums wat in lyn is met die werkgewer se vasgestelde standaard.

Dissipline en van die huis af werk

Die werkgewer moet duidelike riglyne daarstel vir die gebruik van die werkgewer se eiendom, en word hier verwys na beide fisiese en intellektuele bates. Dit is baie belangrik dat werknemers die werkgewer se eiendom as sulks respekteer, asook die verantwoordelikheid om dit in belang van die werkgewer aan te wend. Besighede ly geweldige finansiële verliese as gevolg van werknemers wat die werkgewer se eiendom misbruik of beskadig, hetsy weens nalatigheid of met opset.

Die algemeenste wangedrag wanneer werknemers van die huis af werk, sluit in afwesigheid(laat aanmeld vir diens, vroeg “loop”, tyd spandeer aan persoonlike aangeleenthede tydens werksure, ens.), misbruik van die werkgewer se eiendom en wanneer die werknemer ‘n tweede werk opneem sonder die primêre werkgewer se toestemming (“moonlighting” )

Die erns van ‘n oortreding word beïnvloed deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid, of die oortreding weens nalatigheid of met opset gedoen is, die (moontlike) gevolge van die oortreding en die impak van die oortreding op die werkgewer-werknemer vertrouensverhouding.

Wees proaktief

  • Maak seker die werkgewer se dissiplinêre kode is relevant en op datum met betrekking tot oortredings en toepaslike sanksies en dat alle werknemers bewus is van wat die kode behels.
  • Verseker dat elke werknemer ‘n gedetailleerde pligstaat het wat die werknemer se pligte uiteensit, asook die werkgewer se verwagtinge.
  • Implementeer ‘n beleid met betrekking tot die persoonlike gebruik van toerusting. Werkgewers moet billik en regverdig optree en dissipline konsekwent toepas.
  • Werkgewers moet billik en regverdig optree en dissipline konsekwent toepas.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.