7 x COVID-19 mites…

Mites – wat is waar of vals?

  1. Slegs werkgewers wat aan BEEE voldoen, kan aansoek doen vir die COVID-19 voordeel (TERS)
    • VALS: enige onderneming wat bydra tot die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat nie salarisse kan betaal as gevolg van die inperkingsperiode nie, en enige werknemer wat bydra (meer as 24 uur per maand werk), en daar ‘n werkgewer-werknemer verhouding bestaan, kan aansoek doen om die COVID19-verligtingvoordeel.

  2. Die enigste manier om aansoek te doen vir die COVID-19 TERS-hulpfonds is telefonies.

  3. Ek kon nie my werknemers by die WVF registreer nie, hulle kan moontlik nie verligting kry nie
    • WAAR: besighede wat net na 15 Maart 2020 by die WVF geregistreer het, mag dalk nie in aanmerking kom vir die voordeel nie.

  4. Werknemers wat nie geregistreer is vir werkloosheidsversekering nie, sal voordele ontvang
    • VALS: alle werknemers sal op die stelsels gekontroleer word en as die werknemer nie by die WVF geregistreer is nie, sal die aansoek teruggestuur word vir addisionele inligting.

  5. Werknemers sal ‘n volle salaris vanaf TERS ontvang
    • VALS:
      • Die minimum bedrag wat aan werknemers uitbetaal sal word vir werkloosheidsversekering is R3 500.00
      • Die maksimum bedrag wat wat aan werknemers uitbetaal sal word vir werkloosheidsversekering is R6 638.40

  6. Die werkgewer hoef nie spesiale voorsorgmaatreëls te tref voordat die werksplek weer geopen word vir werknemers om dienste te hervat nie
    • die werkgewer het steeds die verantwoordelikheid om ‘n veilige werksplek vir werknemers te skep en te onderhou. Gedetailleerde riglyne vir beroepsgesondheid en -veiligheid is uitgereik wat die regulasies aandui wat in plek moet wees voordat werknemers weer toegelaat mag word om te begin werk.

  7. Die werkgewer kan werknemers gedurende die inperkingstydperk aflê sonder om vereiste prosedures te volg
    • VALS: Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge skryf streng vereistes voor wat gevolg moet word wanneer afleggings oorweeg word.
Elke veld het sy mites – wat is waar of vals? Dit is belangrik om kundige advies te kry oor arbeidsreg omdat foute jou duur te staan kan kom.
Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.