kvba sake & covid-19

Duisende werknemers is afgelê of afgedank gedurende die COVID-19 geïnduseerde inperkingstydperk. Baie van hierdie werknemers het hulself gewend tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vir hulp en het KVBA sake verwys.

Die KVBA het nasionaal 23 532 verwysingsontvang vanaf 1 April 2020 tot 31 Mei 2020, wat 43 867 werkers geaffekteer het. Meeste sake verwys hou verband met onbillike ontslag.

Die KVBA direkteur, Cameron Morajane, het gesê hulle verwag ‘n toename in verwysings in die volgende paar maande soos wat regulasies verslap en meer mense terugkeer werk toe.
Die KVBA het ten doel om billike arbeidspraktyke te bevorder en dispute in die werksomgewing op te los. ‘n Werknemer kan ‘n saak na die KVBA verwys op gronde van afdanking, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek veranderinge en diskriminasie.

Met KVBA sake, word arbitrasiebevele wat in die guns van die werknemer bevind word, oor die algemeen toegestaan weens die werkgewer wat nie die korrekte prosedures volg nie (klik hierdie skakel om ons artikel te lees oor “tips to survive the CCMA”) en kan ‘n ernstige finansiële impakhê.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat kan foutgaan?

  • Wat gebeur wanneer jy ‘n werknemer “verkeerd ontslaan? ?
  • Watter boetes is betaalbaar met arbeidsdispute en KVBA sake?
  • Gebruik jy ‘n generiese dienskontrak met min/geen beskerming?
  • Wat gebeur wanneer jy nie die korrekte prosedure met elke arbeidsdispuut elke keer volg nie?
  • Wat gebeur wanneer jy jou humeur verloor en iemand met “onmiddelike effek” afdank in die hitte van die oomblik?

Moontlike bevele teen die werkgewer?

  • KVBA: 3-12 maande se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande se salaris en/of herindiensname

Die LWO is by die Departement van Arbeids geregistreer as ‘n werkgewersorganisasie en het outomaties die reg om ons lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof. Ons het ‘n bewese baanrekord by die KVBA met ‘n suksessyfer van 99.98%! Die LWO is gestig in 1990 en staan reeds werkgewers by vir 30 jaar!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.