COVID-19 en my regte as werkgewer

Met die COVID-19 pandemie in Suid-Afrika, is dit belangrik vir werkgewers om te weet dat hulle regte steeds geld en afdwingbaar is in die werksplek. Suid-Afrika se arbeidsomgewing is hoogs gereguleerd en werkgewers voel dikwels dat hulle aan die kortste ent trek. erkgewers moet egter besef dat hulle baie regte in die werksplek het, maar ook die verantwoordelikheid het om hierdie regte toe te pas.

Werkgewers kan aanspraak maak op die volgende regte in die werksplek:

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Werknemers se fudisiêre verpligting om deurlopend in belang van die werkgewer op te tree

Die verhouding tussen ‘n werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. Die verhouding tussen ‘n werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. Met indiensname onderneem die werknemer om deurlopend in goeie trou op te tree en die werkgewer se besigheidsbelange te bevorder.

Vasgestelde standaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit

Dit is die werkgewer se reg om kontrole in die werksplek uit te oefen met betrekking tot werksprestasie. Dit is belangrik dat die werkgewer duidelike standaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit daarstel waaraan werknemers moet voldoen. Werkgewers moet werknemers deurlopend evalueer sodat enige swak werksprestasie dadelik geïdentifiseer en aangespreek kan word.

Implementering van duidelike reëls in die werksplek

Duidelike reëls en riglyne beperk wrywing en misverstande. Dit bevorder ook produktiwiteit en ‘n positiewe werksomgewing. Die meerderheid van reëls in die werksplek word deur die dienskontrakgeïmplementeer, met verwysing na werksure, verlof, verpligtinge, ensovoorts. Elke werksplek is egter uniek en ontstaan daar dikwels ‘n behoefte aan spesifieke reëls om orde en struktuur te verleen. Hierdie reëls word geimplementeer deur beleide en prosedures:
  • Beleide word nie onderskryf deur arbeidswetgewing nie, maar moet die werkgewer sy eie reëls en beleide in die werksplek opstel. Hierdie reëls moet redelik wees.

  • ‘n Prosedure is ‘n vasgestelde of amptelike manier om ‘n situasie te hanteer. Prosedures word in plek gestel om werknemers en werkgewers in te lig rondom die nodige stappe wat gevolg moet word wanneer spesifieke insidente plaasvind.

Toepas van dissipline in die werksplek

Elke werksplek moet ‘n relevante dissiplinêre kode hê wat verseker dat daar duidelike reëls (met toepaslike sanksies) in die werksplek is wat werknemers kan volg. Wanneer werknemers hierdie reëls oortree, het die werkgewer die reg om op te tree.

Herstrukturering ten opsigte van operasionele vereistes

Operasionele vereistes kan werkgewers noop om diensvoorwaardes aan te pas. Hierdie veranderinge mag onder geen omstandighede eensydig gemaak word nie en is daar ‘n streng prosedure wat gevolg moet word. Werkgewers het ook die reg om versoeke van werknemers te weier op grond van operasionele vereistes – let egter daarop dat hierdie besluite konsekwent toegepas word. Vele besigheidsrisiko’s moet daagliks deur die werkgewer bestuur word.
Werkgewers moet proaktief optree en te alle tye korrekte prosedures volg met betrekking tot alle arbeidsregtelike aangeleenthede. Kontak die LWO by 086 110 1828 met enige arbeidsregnavraag – onthou ons 24/7 regsadvies hulplyn is GRATIS en ONBEPERK vir al ons lede!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.