Voordele van goeie higiene in die werksplek

Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid plaas ‘n uitdruklike verpligting op die werkgewer om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf. Nieteenstaande die vereiste gesondheid- en veiligheidsregulasies in terme van die COVID-19 pandemie waaraan werkgewers tans moet voldoen, is dit ongetwyfeld in belang van werkgewers om deurlopend goeie higiëne in die werksplek toe te pas.

Goeie higiëne in die werksplek dra by tot:

  • Kontinuïteit van menslike hulpbronne – wanneer ‘n werknemer siekverlof neem het dit ongetwyfeld ‘n impak op ander werknemers se werkslading. Die werkgewer het nie noodwendig spaar kapasiteit om aan te wend in sulke gevalle nie en plaas dit druk op die werkgewer se besigheidsaktiwiteite.

  • Besparing van kostes deurdat minder siekverlof geneem word – die werknemer is geregtig op betaalde siekverlof wanneer hy/sy onbevoeg is om te werk as gevolg van ‘n mediese toestand. Wanneer afwesigheid verminder word, is daar ‘n definitiewe besparing vir die werkgewer.

  • Verhoogde produktiwiteit deur “presenteeism” teen te werk – die term “presenteeism” verwys na wanneer werknemers opdaag vir werk terwyl hulle siek is en dit lei tot produktiwiteitsverlies, die maak van foute, ensovoorts.

Elke werksplek is uniek. Alhoewel sommige besighede in die algemeen strenger higiëne maatreëls moet toepas in terme van die diens of produk wat hulle lewer, is goeie higiëne in enige werksplek tot voordeel van die werkgewer.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wees proaktief en doen die volgende om die verspreiding van aansteeklike siektes/virusse in die werksplek te beperk:

  • Skep bewustheid onder werknemers van die voordele van goeie higiëne.
  • Kweek goeie gewoontes ten opsigte van goeie higiëne – bou voort op die COVID-19 regulasies met spesifieke verwysing na gereelde handewas.
  • Maak dit maklik vir werknemers om goeie higiëne in die werksplek toe te pas deur handewasstasies en/of sanitiseerderhouers in die werksplek te installeer.

Die LWO verskaf deur ons Bookshop the LWO Boekwinkel ook arbeidsreg verwante toerusting aan lede om die werkgewer te help om arbeid as ‘n besigheidsrisiko proaktief te bestuur. Kontak John Wright vir meer inligting by john@lwo.co.za of kyk hierna die verskeie produkte wat ons bied. hier.

Een van ons nuut toegevoegde produkte is ‘n muurgemonteerde sanitiseerderhouer om vloeibare sanitiseerder uit te meet.. Die “top up” sanitiseerderhouer word maklik gemonteer en werk met enige vloeibare handsanitiseerder. ‘n Bewese effektiewe en eenvoudige wyse om goeie handhigiëne te bevorder in die werksplek en aan COVID-19 regulasieste voldoen.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.