waaksaamheid vlak 2: covid-19

Waaksaamheid vlak 2

Suid-Afrika het beweeg na ‘n vlak 2 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 18 Augustus 2020. Laai die Staatskoerant gedateer 17 Augustus 2020 af ter inligting om te implementeer.

Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n waaksaamheid vlak 2 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n groot bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis (nog nie ‘n lid nie – kyk hier na ons koste effektiewe en gebruikersvriendelike lidmaatskap pakkette):
  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Regsdienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 2 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede word deurlopend streng gemonitor en vind plaas in lyn met toepaslike veiligheisregulasies.
  • Regsdienste via aanlyn platforms (bv. Skype, Microsoft Teams, Zoom, ens.) vir werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 2 waaksaamheid.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.