Nasionale minimum loon 2021

Sedert die publikasie van hierdie artikel, is die nasionale minimum loon amptelik afgekondig in die Staatskoerant. Volg hierdie skakel om die opgedateerde artikel te lees!

Ten spyte van die swak toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook die impak van die Coronavirus (COVID-19) en negatiewe effek van die staat van inperking op werkgewers se finansiële posisie, het die Nasionale Minimum Loon Kommissie (NMLK) ‘n aanbeveling gedoen aan die Minister van Indiensneming en Arbeid om die huidige nasionale minimum loon te verhoog met intrede 01 Maart 2021. Totdat hierdie amptelik afgekondig word in die staatskoerant, moet werkgewers voortgaan om te voldoen aan huidige wetgewing ten opsigte van industrie spesifieke minimum lone..

Die NMLK se aanbeveling is om die nasionale minimum loon se verhoging te koppel aan die verbruikersprysindeks (VPI) plus 1,5%. Die VPI in September 2020 was 3,0% en lê die NMLK voor dat die VPI in Januarie 2021 waarskynlik 2,5% – 3,0% sal wees. Die nasionale minimum loonverhoging word gevolglik bereken op 4,5% en behels ‘n verhoging van die huidige nasionale minimum loon van R20.76 per uur na R21.69 per uur. Laai NMLK se volledige verslag en aanbeveling hier af.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van die landbousektor?

Die landbousektor ontvang tans (2020) vrystelling om slegs 90,0% van die nasionale minimum loon te betaal. Hierdie vrystelling verval en is die NMLK se aanbeveling om die minimum loon vir plaaswerkers gelyk te stel aan die nasionale minimum loon vir 2021. This calculates to a 16,1% verhoging van die huidige minimum loon van R18.68 per uur na R21.69 per uur. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

Wat van die landbousektor?

Die landbousektor ontvang tans (2020) vrystelling om slegs 90,0% van die nasionale minimum loon te betaal. Hierdie vrystelling verval en is die NMLK se aanbeveling om die minimum loon vir plaaswerkers gelyk te stel aan die nasionale minimum loon vir 2021. Dit bereken tot ‘n 22,6% verhoging van die huidige minimum loon van R15.57 per uur na R19.09 per uur.. Die NMLK beveel verder aan om die minimum loon vir huiswerkers gelyk te stel aan die nasionale minimum loon van 2022.

The LWO is in the process of making representations to the Department of Employment and Labour and invites members and other employers to comment on the NMWC’s recommendation. Comments must be sent directly per e-mail unathi.ramabulana@labour.gov.za by 20 December 2020.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.