Politieke partye en vakbonde in die werksplek

Wanneer vakbonde aanspraak maak op organisatoriese regte binne die werksplek, is werkgewers dikwels onseker rakende hul eie regte en dié van die vakbond, asook hoe hierdie regte gereguleer word. Daar is huidiglik egter ‘n tendens dat sekere politieke partye hulself die regte van vakbonde probeer toe-eien en werkgewers intimideer om te konsulteer en ooreenkomste te bereik rondom bepalings en voorwaardes van indiensneming.

Die 5 organisatoriese regte

Die Wet op Arbeidsver-houdinge (WAV) verleen die volgende organisatoriese regte aan vakbonde, onderhewig aan sekere vereistes:

  • Toegang tot die werksplek
  • Aftrekking van vakbondregistrasiefooie
  • Vakbondverteenwoordiging in die werksplek
  • Verlof vir vakbondaktiwiteite
  • Openbaarmaking van informasie
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van ‘n politieke party?

‘n Politieke party is ‘n politieke organisasie wat poog om die regering se beleid te beïnvloed, gewoonlik deur hul eie kandidate daar te stel en te wedywer vir stemme en regeringsposte.

Geen magtiging of toestemming word aan politieke partye gegee vir soortgelyke regte as dié van vakbonde nie. Werkgewers moet daarteen waak om in gesprek te tree met politieke partye rondom regte in die werksplek.

Indien ‘n vakbond wil aanspraak maak op organisatoriese regte in die werksplek, moet die vakbond eerstens geregistreer wees by die Departement van Indiensneming en Arbeid. Die vakbond se konstitusie moet ook ooreenstem met die bedryfsektor van die werkgewer. Dan moet die vakbond ook oor voldoende (±20%) of meerderheid (50% + 1) verteenwoordiging in die werksplek beskik ten einde te kan aanspraak maak op sekere organisatoriese regte. Voorheen het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ±30% verteenwoordiging in die werksplek as voldoende verteenwoordiging geag, maar huidiglik het die tendens na slegs ±20% verteenwoordiging beweeg

Proses om regte toe te eien

Om te kan aanspraak maak op organisatoriese regte, vereis wetgewing dat ‘n vakbond ʼn prosedure volg, wat behels dat die vakbond die werkgewer skriftelik in kennis moet stel van die regte wat die vakbond in die werksplek wil uitoefen. Die werkgewer moet dan binne 30 dae hierna met die vakbond konsulteer. ‘n Erkenningsooreenkoms word dan gesluit indien die vakbond aan die nodige vereistes voldoen, wat die bepalings en voorwaardes stipuleer waarop ooreengekom is.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.