Seksuele teistering in die werksplek

Seksuele teistering is ‘n ernstige oortreding en word ook gesien as ‘n vorm van onbillike diskriminasie. Die Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW) bepaal dat ‘n werkgewer die wet oortree indien hy/sy versuim om die nodige stappe te neem in gevalle van beweerde seksuele teistering. Artikel 60(3) van die WBW hou ‘n werkgewer aanspreeklik vir die onregmatige, diskriminerende gedrag van sy werkers.

Seksuele teistering word gedefinieer as “ongewenste gedrag van ‘n seksuele aard wat die regte van ‘n werknemer skend.” Hierdie gedrag sluit enige fisiese, verbale of nie-verbale seksuele optrede in wat die slagoffer ongemaklik laat voel.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Seksuele teistering skend die volgende regte van die slagoffer:

  • Die reg op ‘n werksomgewing wat vry is van seksuele teistering
  • Die reg om met respek en waardigheid hanteer te word in die werksplek
  • Die reg op gelykheid en om nie teen gediskrimineer te word as gevolg van geslag nie
Gedrag sal slegs as seksuele teistering geag word as dit ‘n seksuele ongewenste ondertoon het. Die ongewenste aard van seksuele teistering gedrag word onderskei van gedrag wat welkom en wedersyds is.

Seksuele aandag word seksuele teistering indien:

  • Die ontvanger dit duidelik gemaak het dat die gedrag nie welkom is nie
  • Die gedrag volgehou word
  • Die oortreder moes geweet het dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word
  • Seksuele teistering kan voorkom tussen enige geslagte, en staan onafhanklik van etniese herkoms. Die werkgewer sowel as die werknemer kan hom-/haarself daaraan skuldig maak. Selfs kontrakteurs en verskaffers spring nie verantwoordelikheid vry nie.

Werkgewers moet beleide en prosedures in plek stel om seksuele teistering die hok te slaan. Dit moet aan alle werknemers in die werksplek duidelik wees dat seksuele teistering nie geduld sal word nie, watter optrede as seksuele teistering beskou word, hoe dit gerapporteer moet word en hoe dit hanteer sal word. ’n Werknemer wat vermoedelik ’n slagoffer van seksuele teistering is, moet gerus gestel kan word dat alle gesprekke konfidensieel sal wees en met die nodige sensitiwiteit hanteer word. Benewens die feit dat dat sulke gedrag ’n slagoffer kan skade aanrig kan dit ook skade aan die reputasie van die onderneming rig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.