Nasionale minimum loon 2022

Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie onderpresteer en groot uitdagings aan werkgewers gebied word, het die Minister van Indiensneming en Arbeid op 07 Februarie 2022 in die Staatskoerant 45882 die gewysigde nasionale minimum loon afgekondig Die gewysigde minimum loon tree in werking op 01 Maart 2022.

Die huidige nasionale minimum loon van R21.69 per uur sal verhoog na R23.19 per uur.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Neem kennis van minimum loon wysigings in die volgende industrieë:

  • Landbousektor:
    Die landbousektor se minimum loon is gelykstaande aan die nasionale minimum loon en beloop R23.19 vanaf 01 Maart 2022. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

 

  • Huiswerkersektor:
    Die huiswerkersektor minimum loon sal gelykstaande wees aan die nasionale minimum loon vir 2022 vanaf 01 Maart 2022.

    Die huiswerkersektor het voorheen vrystelling ontvang om slegs 88% van die nasionale minimum loon te betaal (dit het R19.09 beloop in 2021). Hierdie vrystelling het egter nou verval en die minimum loon vir huiswerkers is nou gelykgestel aan die nasionale minimum loon vir 2022.

 

 

    • Area A: R25.52 per uur – Stad Kaapstad, Groter Oosrand Metro, Stad Johannesburg, Stad Tshwane en Stad Nelson Mandela, Plaaslike Rade van Emfuleni, Merafong, Mogale City, Metsimaholo, Randfontein, Stellenbosch en Westonaria.

    • Area B: Kollektiewe Ooreenkoms soos vervat in die Bedingingsraad vir die Kontrakskoonmaakdienste – Alle areas in KwaZulu-Natal.

    • Area C: R23.27 per uur – Alle areas nie vermeld in Areas A en B nie.

 

Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen Dit is dus nodig dat u die nasionale minimum loontarief wat u werknemers vanaf 01 Maart 2022 moet ontvang aanpas volgens die gewysigde nasionale minimum loon.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.