Afleggings en skeidingspakkette

In die huidige ekonomiese klimaat is baie werkgewers onder geweldige finansiële druk en moet hulle herstrukturering of afleggings oorweeg om volhoubaar te bly. Baie aspekte moet egter in ag geneem word om die werkgewer se risiko te beperk met betrekking tot die proses, asook die betaling van skeidingspakkette.

Afleggings: Konsultasieproses

Wetgewing bepaal dat wanneer die werkgewer afleggings oorweeg, ‘n konsultasieproses met die werknemers nodig is:
  • Skriftelike kennis moet 48 uur voor die konsultasie aan al die werknemers gegee word. Elke werknemer moet ‘n afskrif van die memorandum teken as bewys van ontvangs.
  • ‘n Eerste konsultasie vind plaas tussen die werkgewer en al die werknemers waartydens die inhoud van die kennisgewing met die werknemers bespreek word. Die doel van die konsultasie is dat die werkgewer die werknemers moet toelaat om vertoë te rig rakende die voorgestelde afleggings.
  • Alternatiewe wat aangebied word moet ondersoek en bespreek word. Indien die alternatiewe nie werkbaar is nie en daar nie verdere alternatiewe is nie, kan die proses afgehandel word. Werknemers wat geraak word deur die afleggings moet skriftelik ingelig word hiervan en die nodige dokumentasie ontvang. Die kennistydperk begin wanneer die werknemer kennis neem van die aflegging.
Indien daar op enige gegewe oomblik van die konsultasies deur enige werknemer voorgestel word dat hulle vrywillig afgelê kan word, kan die werkgewer dit aanvaar. Indien ‘n werknemer vrywillige aflegging kies moet hulle kennis dra daarvan dat hulle nie werkloosheidsvoordele sal kan eis by die Werkloosheidsversekeringsfonds nie.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Finale vergoedingsuitbetaling

Hierdie betaling bestaan uit die loon/salaris, jaarlikse verlofuitbetaling, statutêre kennisperiode uitbetaling, en skeidingspakket (alleenlik betaalbaar met afleggings en bestaan uit een week vir elke voltooide jaar van diens). Die kennisperiode moet steeds uitbetaal word aan die werknemer, selfs al word die werknemer nie vereis om dit te werk nie.

Afleggings: Vyf algemene foute om te vermy sluit in:

  • Moet nie vooraf werknemers identifiseer wat afgelê moet word nie.
  • Die rede vir afleggings moet billik wees.
  • Daar moet met al die partye gekonsulteer word.
  • Keuringskriteria moet regverdig en objektief wees.
  • Die finale vergoedingsuitbetaling moet korrek bereken en uitbetaal word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.