Konflik in die werksplek

Konflik – Mense dra by tot die uniekheid van elke werksplek met verwysing na verskillende persoonlikhede, ingesteldheid, agtergrond, kultuur, ens. Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Hierdie vereistes is nie onderhandelbaar nie en om deurlopend hieraan te voldoen is uitdagend, veral wanneer menseverhoudinge ter sprake kom.
Dit is die werkgewer se reg om kontrole in die werksplek uit te oefen deur reëls te implementeer en dissipline toe te pas. Goeie kommunikasie bevorder positiewe verhoudinge binne die werksplek en beperk wrywing wat tot konflik kan lei.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Konflik in die werksplek is ʼn algemene verskynsel. Dit kom tipies voor by:

  • Meningsverskille tussen werknemers self, asook met die werkgewer
  • Bestuurstyl van die bestuurders
  • Uiteenlopende persoonlikhede
  • Irriterende gedrag
  • Werknemers voel dat sekere ander werknemers “voorgetrek” word deur bestuur

Wees proaktief oor konflik

Die bekende spreekwoord “dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel” is definitief van toepassing. Konflik het ‘n groot impak in die werksomgewing en wanneer die werkgewer dit nie korrek hanteer nie kan dit vinnig eskaleer tot groter dispute, wat vermy kon word. Werkgewers moet die volgende vier komponente aanspreek:

Daarstel van doelwitte:

Stel bereikbare doelwitte vir die werknemers. Werknemers moet weet wat van hulle verwag word en op watter standaard hulle werk moet wees. Dit kan konflik beperk deur sekerheid te skep. Deurlopende evaluering en opleiding is noodsaaklik om werksprestasie te beoordeel. Gee erkenning aan werknemers wat doelwitte bereik en presteer. Positiewe kompetisie tussen die werknemers is gesond.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die dissiplinêre kode:

Dit is baie belangrik dat elke werksplek ‘n relevante dissiplinêre kode het. Die dissiplinêre kode is belangrik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is wat werknemers moet volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer dissipline toepas in ooreenstemming met die toepaslike sanksies wat in die kode gelys word.

Kommunikasie:

Effektiewe kommunikasie skep ‘n werksomgewing ontvanklik vir groei. Werkgewers moet gereeld met werknemers (individueel of in groepsverband) konsulteer en ook rekord hou van alle konsultasies. Dit skep ‘n platform vir werknemers om hul gedagtes en idees, asook spesifieke behoeftes, te bespreek.

Grieweprosedure:

Dit is uiters belangrik dat die werkgewer interne prosedures vestig ten einde werknemers die geleentheid te gee om enige ongelukkigheid of onbevredeginde werksomstandighede onder die werkgewer se aandag te bring.
Die verhouding tussen ‘n werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. ‘n Geordende en positiewe werksomgewing dra direk by tot produktiwiteit.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.