Aanhangsels tot die dienskontrak

‘n Dienskontrak is die belangrikste dokument in die werksplek en vervat die diensvoorwaardes en -bepalings waarop die werkgewer en werknemer ooreengekom het. Dit reguleer die diensverhouding en deur proaktiewe klousules in die dienskontrak in te sluit, is die werkgewer beter geposisioneer om dispute wat moontlik uit hierdie verhouding kan ontstaan, te beperk.
Addisionele bepalings tot die dienskontrak kan ingesluit word deur aanhangsels tot die dienskontrak by te voeg. Hierdeur kan die werkgewer die besigheid verder beskerm. Tipiese voorbeelde van aanhangsels sluit in ‘n handelsbeperkingsooreenkoms en ‘n vertroulikheidsooreeenkoms (konfidensialiteitsooreenkoms). Hierdie ooreenkomste is van kardinale belang veral vir meer gespesialiseerde besigheidsaktiwiteite om mededinging te voorkom en vertroulike inligting, unieke metodes en prosedures, patente, ensovoorts te beskerm.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

2 mees algemene aanhangsels:

Handelsbeperkingsooreenkoms

n Handelsbeperking is ‘n ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer wat ‘n werknemer verhoed om sy werk, aanleg of opleiding te gebruik in dieselfde veld as sy werkgewer vir ‘n spesifieke tydsperiode en in ‘n spesifieke area, nadat diens by die huidige werkgewer tot ‘n einde gekom het. Die handelsbeperking poog om die belange van die werkgewer te beskerm met spesifieke verwysing na vertroulike inligting, kliënte, en klandisiewaarde (die besigheid se goeie naam).
Aspekte om in ag te neem voordat ‘n handelsbeperking suksesvol afgedwing kan word:

  • Wat: Wat is die spesifieke take, aanleg, werk of veld waarby ‘n voormalige werknemer nie betrokke kan raak nie.
  • Waar: Verwys na die geografiese gebied. Neem kennis dat daar ‘n verbintenis met die spesifieke gebied moet wees.
  • Tyd: Verwys na die tydperk nadat die werknemer diens verlaat het, waartydens die handelsbeperking geldig gaan wees. Hierdie dit moet ‘n redelike tydperk wees.

Vertroulikheidsooreenkoms

Vertroulikheidsooreenkomste is wettige kontrakte wat die werkgewer se vertroulike inligting en handelsgeheime beskerm. Hierdie ooreenkomste vereis van werknemers om vertroulikheid te handhaaf en geen sensitiewe inligting aan derdepartye bekend te maak nie. Vertroulikheidsooreenkomste kan gebruik word om verskeie tipes inligting te beskerm, soos finansiële data, sakeplanne, kliëntelyste, produkontwerpe, ensovoorts. Hierdie ooreenkomste kan ook gebruik word om te verseker dat werknemers nie vertroulike inligting vir persoonlike gewin gebruik of om hul nuwe werkgewer te bevoordeel nadat hulle die besigheid verlaat het nie.
Hierdie tipe ooreenkomste dien ook as ‘n afskrikmiddel vir werknemers om hulself nie skuldig te maak aan hierdie aksies nie met die wete dat hulle onderhewig kan wees aan regstappe. Hierdie ooreenkomste is in die hof afdwingbaar, mits dit redelik is en nie onnodige beperkings op die werknemer se vermoë om te werk en ‘n inkomste te verdien, plaas nie.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.