Misbruik van siekverlof

Verlof is ‘n sensitiewe aspek in die werksplek waar werkgewers op hoogte moet bly van die vereistes en verantwoordelikheid hieraan gekoppel, om onnodige kostes te bespaar en arbeidsrisiko proaktief te bestuur. Tussen al die tipes verlof, word die meeste vrae gevra oor siekverlof: Wanneer is dit betaalbaar? Is dit betaald of onbetaald? Wat van die misbruik van siekverlof?
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wanneer is dit betaalbaar?

Artikel 22(1) tot 22(4) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 (WBDV) bepaal dat ‘n werknemer geregtig is op betaalde siekverlof. Gedurende die eerste ses maande van diens word hierdie tipe verlof bereken as een dag betaalde siekverlof vir elke 26 dae gewerk. In ‘n verlofsiklus van 36 maande is ‘n werknemer geregtig op 30 dae betaalde siekverlof (indien die werknemer vyf dae per week werk) of 36 dae betaalde siekverlof (indien die werknemer ses dae per week werk).
Hierdie verlofsiklus begin, ongeag ‘n proeftydperk, op die eerste dag van indiensneming en betaalde siekverlof wat gedurende die eerste ses maande van diens geneem is, kan dan van die totale verlofsiklus afgetrek word. Onthou werknemers is slegs geregtig op siekverlof wanneer hulle werklik te siek is om hul pligte uit te voer.

Is dit betaald of onbetaald?

Eerstens moet die werkgewer bepaal of die werknemer siekverlof tot sy/haar beskikking het? Indien wel, moet die werkgewer dan bepaal of ‘n mediese sertifikaat nodig is. ‘n Mediese sertifikaat moet verskaf word indien ‘n werknemer vir meer as twee opeenvolgende werksdae afwesig is, of by meer as een geleentheid binne ‘n tydperk van agt weke.
Indien die werknemer nie betaalde siekverlof beskikbaar het nie, het die werkgewer twee opsies:
  1. om dit as onbetaalde verlof te hanteer;  of
  2. om dit as betaalde verlof te hanteer en van die werknemer se jaarlikse verlof af te trek.

Ingevolge Artikel 22 van die WBDV is ’n werkgewer nie verplig om ’n werknemer te betaal indien die werknemer geen beskikbare siekverlofdae het nie, nie ’n geldige mediese sertifikaat verskaf wanneer die werkgewer dit vereis nie, of afwesig is sonder die werkgewer se toestemming.

Misbruik van siekverlof

Wanneer ‘n geldige mediese sertifikaat verskaf word, moet hierdie afwesigheid oor die algemeen as ‘n vorm van onbevoegdheid hanteer word aangesien die werknemer weens swak gesondheid, inherent nie in staat is om aan die werkgewer se vasgestelde operasionele standaarde te voldoen nie.  Wanneer die werkgewer egter vermoed dat siekverlof misbruik word, is dit belangrik om ‘n regverdige proses te volg om die bewering van wangedrag te ondersoek ten einde bewyse op te lewer.

Vra die volgende vrae om te bepaal of ‘n werknemer se gedrag neerkom op wangedrag of onbevoegdheid:

  • Neem die werknemer ‘n sekere aantal siekverlof in ‘n kort tydperk?
  • Is die werknemer se siekverlof uitgeput?
  • Stel die datums moontlik ‘n patroon voor van die siekverlof geneem, dit wil sê is die werknemer tipies siek op Maandae en Vrydae, voor of na ‘n openbare vakansiedag, of na betaaldag?
  • Het die werknemer ‘n geldige mediese sertifikate ingedien?
  • Is daar enige bewyse wat moontlik kan dui op ander redes vir die werknemer se afwesighede (bv. huishoudelike geweld, depressie)?

Oorweeg die volgende twee prosedures in erstige gevalle van onbevoegdheid of wangedrag:

  • Onbevoegdheid prosedure:  Die werknemer wat gereeld afwesig is ly werklik aan swak gesondheid en kan moontlik ontslaan word weens onbevoegdheid.  Laat die werknemer ‘n mediese ondersoek ondergaan om te bepaal of die werknemer in staat is om hul pligte uit te voer en aan die werkgewer se vasgestelde operasionele standaarde te voldoen.
  • Dissiplinêre prosedure:  die mediese ondersoek toon dat die werknemer geen ernstige gesondheidsprobleme het nie.  Die werkgewer is nou daarop attent gemaak om afwesighede in die toekoms weens siekverlof te ondersoek om te bepaal of die werknemer werklik siek was en of die werknemer van wangedrag aangekla behoort te word.  Hierdie aanklag word gelei deur ‘n mediese ondersoek ten einde te kan voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor.

Dit is belangrik dat werkgewers kwessies in die werksplek so vinnig en doeltreffend as moontlik hanteer, terwyl hulle sorg dra om objektief en konsekwent op te tree.  Deur proaktief te wees kan die werkgewer grootliks bydra tot die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid en ‘n werksomgewing met beperkte konflik, wrywing en misverstande bevorder, wat weer ‘n gestruktureerde omgewing skep wat ontvanklik is vir groei.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.