Top 3 frustrasies in die werksplek

Frustrasies in die werksplek is nie ongewoon nie en kan produktiwiteit en moraal negatief beïnvloed. Navorsing toon dat die gemiddelde volwassene ten minste een keer per dag kwaad word en ongeveer drie keer per dag gefrustreerd of geïrriteerd raak. In die werkgewer-werknemer verhouding kan sekere gedrag tot baie frustrasie lei.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die top 3 frustrasies is soos volg:

  • Afwesigheid en swak tydhouding:

    Afwesigheid en swak tydhouding is een van die grootste frustrasies en tydvermorsers in die werksplek. Afgesien van die werknemer wat nie dienste lewer volgens ooreengekome ure nie, beïnvloed afwesigheid die hele span negatief. Behalwe om nie by die werk te wees nie, beteken afwesigheid ook om laat op te daag, vroeg te vertrek, ongemagtigde breke, verlengde breke, kamtige siekte en ander onverklaarbare afwesighede vanaf die werkstasie of perseel.

    Hoe om dit te hanteer:
    Dit is die werknemer se plig om dienste te lewer volgens die tye wat die werkgewer vereis (begin en staak van pligte). Wanneer werknemers nie die reëls nakom nie, het werkgewers die reg om op te tree. Drie belangrike stappe sluit in:

    • Voer ‘n onderhoud met die werknemer en teken aan wat hy/sy sê;

    • Die werknemer moet bewys dat die afwesigheid geregverdig was;

    • Die werknemer mag redes aanvoer, maar selfs al is ‘n rede geldig, kan dit steeds onaanvaarbaar wees – pas die dissiplinêre kode toe. Pas altyd progressiewe dissipline toe volgens die erns van die oortreding en hou gedetailleerde rekord daarvan.

 

  • Insubordinasie:
    Insubordinasie word gedefinieer as “weerstand teen of uittarting van gesag, ongehoorsaamheid, weiering of versuim om redelike en wettige opdragte te gehoorsaam, astrantheid, brutaliteit, onbeskofdheid, om die werkgewer se naam in oneer te bring, en opstandige of muitende gedrag wat tot ‘n werklike werkstilstand lei”. Die mees algemene vorm van insubordinasie is wanneer werknemers opsetlik die werkgewer se instruksies verontagsaam.

    Hoe om dit te hanteer:
    Pas progressiewe dissipline toe. Neem kennis dat om ‘insubordinasie’ te bewys, die werkgewer moet bewys dat die opdrag uitvoerbaar was, binne die omvang van die werknemer se pligte geval het, redelik was en dat die werknemer opsetlik geweier het om die opdrag te gehoorsaam.

 

  • Swak werksprestasie:
    Swak werksprestasie is die versuim van ‘n werknemer om die werkgewer se vereiste werksprestasiestandaarde te bereik en/of te handhaaf. Dit het ‘n groot impak op ‘n besigheid se normale bedrywighede, aangesien die meeste werkgewers nie die luukse van spaarkapasiteit met betrekking tot hul arbeidsmag het om vir hierdie tekort te vergoed nie.

Hoe om dit te hanteer:
Eerstens is dit van kardinale belang om tussen wangedrag en onbevoegdheid te onderskei, aangesien dit sal bepaal watter proses die werkgewer moet volg om die kwessie aan te spreek:

 

    • Wangedrag verwys na ‘n werknemer se versuim om by die werkgewer se reëls en beleide te hou, en is ‘n gedragskwessie van die werknemer. Sulke gedrag is gewoonlik doelbewus of nalatig, en werknemers kan verantwoordelik gehou word vir hul dade.

    • Onbevoegdheid verwys na wanneer ‘n werknemer onbevoeg is en inherent nie in staat is om aan vasgestelde prestasiestandaarde te voldoen nie, hetsy weens swak gesondheid of swak werksprestasie. Daar word van die werkgewer verwag om ‘n werknemer van opleiding en leiding te voorsien, asook die geleentheid om te verbeter, waar die werknemer nie die vereiste vaardigheid of kennis het om ‘n sekere taak te verrig nie.

Arbeidsregslaggat!

Frustrasies kan maklik tot impulsiewe of plofbare reaksies lei. Wanneer die werkgewer ‘n werknemer in die hitte van die oomblik ontslaan sonder om die regte prosedure te volg, kan dit lei tot ‘n onbillike ontslagdispuut by die KVBA waar die werkgewer ‘n toekenning in die gesig kan staar om tot 12 maande se vergoeding aan die werknemer te betaal en/of heraanstelling.

Elke werksplek is ‘n unieke omgewing en moet dienooreenkomstig geëvalueer word in terme van arbeidsverhoudinge. Werkgewers word getaak om ‘n progressiewe benadering tot dissipline te volg en om altyd ‘n werknemer te ondersteun om op sy/haar werk te verbeter. Hierdie benadering beperk nie net frustrasie nie, maar lei tot ‘n beter werksomgewing vir almal.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.