Verpligte wetgewing plakkate in die werksplek

Artikel verskaf deur Beehive OH&S.

Mense wat probeer om wetgewing plakkate (muurkaarte) te verkoop, neem toe. Sommige van hierdie persone gee voor om verteenwoordigers van die Departement van Indiensneming en Arbeid te wees om hul produkte te verkoop.

Daar is verskeie wetgewing plakkate beskikbaar in Suid-Afrika. Dit sluit in plakkate van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet op die Beheer van Tabakprodukte, Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, die POPI-wet, ens.
‘n Plakkaat is ‘n opsomming van wetgewing en moet vertoon word waar dit deur alle werknemers gesien en gelees kan word om bewustheid van die wetgewing te bevorder. volgens wet is werkgewers verplig om sekere plakkate by die werksplek te vertoon. Alhoewel dit goeie praktyk is om al die bogenoemde plakkate te vertoon, kan dit ‘n duur oefening word.
Volgens wet is besighede verplig om twee plakkate te vertoon. Hierdie twee verpligte plakkate is die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997), soos gewysig, en die Wet op Billike Werksgeleenthede (Wet 55 van 1998), soos gewysig.
Dit is belangrik om die voorskrifte wat verband hou met die twee verpligte plakkate, ander voorgeskrewe gesondheids- en veiligheidskennisgewings, asook ‘n afskrif van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, van nader te bekyk.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Verpligte wetgewing plakkate:

  • Opsomming van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV):

    Artikel 30 van die WBDV, soos gewysig, vereis dat alle werkgewers die werknemer se regte by die werksplek moet vertoon. Dit moet in die voorgeskrewe vorm wees en vertoon word in die amptelike taal(e) wat deur werknemers by die werksplek gepraat word.

  • Opsomming van die Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW):
    SArtikel 25(1) van die WBW, soos gewysig, vereis dat werkgewers ‘n opsomming van die Wet vertoon. “‘n Werkgewer moet by die werksplek, waar dit deur werknemers gelees kan word, ‘n kennisgewing in die voorgeskrewe vorm vertoon, wat hulle inlig oor die bepalings van hierdie Wet.”

Voorgeskrewe gesondheid- en veiligheidskennisgewings:

Volgens die voorskrifte van die Algemene Masjinerieregulasies van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993) (OHSA), soos gewysig, moet werkgewers met ketels sowel as werkgewers met masjinerie anders as ketels op hul perseel sekere kennisgewings vertoon:

  • Werkgewers met ketels op hul perseel:
    Regulasie 9(2) van die Algemene Masjinerieregulasies vereis dat werkgewers met ketels op die perseel ‘n afskrif van Skedule C vertoon. Hierdie Skedule moet in ‘n leesbare vorm op ‘n opsigtelike plek op die perseel wees.
  • Werkgewers met masjinerie anders as ketels op hul perseel:
    Skedule D van die Algemene Masjinerieregulasies vereis van werkgewers met masjinerie anders as ‘n ketel om ‘n afskrif van Skedule D te vertoon. Hierdie B Skedule ylae moet in ‘n leesbare vorm wees en op ‘n opsigtelike plek vertoon word.

Bestel jou wetgewing plakkate deur die LWO se Een stop Arbeidswinkel.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.