Die reg tot partytjie

Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing, insluitend die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995, en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997, plaas geen verpligting op die werkgewer om ‘n jaareindfunksie, of byvoorbeeld ‘n Kerspartytjie, aan te bied nie.

 

‘n Jaareindfunksie kan daartoe bydra om spanning te verlig en werknemersverhoudinge te versterk. Wanneer die werkgewer wel op ‘n partytjie besluit, is dit egter belangrik om werknemers se gedrag en optrede tydens die geselligheid te reguleer sodat dit steeds aan wetgewing en die besigheid se beleid voldoen.

WAT IS DIE WERKGEWER SE VERPLIGTINGE?

Die werkgewer het definitiewe verpligtinge as dit kom by werksfunksies en kan verantwoordelik gehou word vir werknemers se optrede indien hierdie optrede binne die bestek van hul dienspligte plaasvind. Spesifieke aspekte om te oorweeg sluit in:

 

  • Potensiële skade aan die werkgewer se reputasie.
  • Potensiële skade aan interne werksverhoudinge.
  • Risiko gekoppel daaraan wanneer werknemers voertuie bestuur onder die invloed van alkohol, of wanneer die wettige bloedalkohollimiet oorskry word.
  • Werkgewer se gesondheids- en veiligheidsverpligtinge ten opsigte van teistering (beide van ‘n seksuele, of nie-seksuele aard).

 

Alhoewel meeste werkgewers ‘n alkoholbeleid met “zero tolerance” in plek het, is dit belangrik om maatreëls vir werksfunksies vooraf te bevestig en te implementeer. Indien daar alkohol by die funksie bedien word, is dit veral belangrik dat die werkgewer moet kan bewys dat daar ten minste ‘n poging aangewend is om werknemers se gedrag rakende alkoholverbruik te bestuur.

 

BIED JY ‘N JAAREINDFUNKSIE AAN?

LAAT LWO JOU HELP!

PRAKTIEWE WENKE VIR WERKGEWERS

Hiermee ‘n paar praktiese wenke vir werkgewers om te verseker dat drank en wangedrag nie die partytjie oorneem nie:

 

  • Stel alkoholasemtoetsers beskikbaar vir werknemers om te toets of hulle binne die wetlike perk is voordat hulle huis toe ry.
  • Verskaf die besonderhede van ‘n taxidiens of reël selfs indien moontlik vervoer huis toe vir werknemers wat die partytjie bywoon.
  • Verseker dat voldoende kos, nie-alkoholiese drankies en baie water beskikbaar is.
  • Vermy enige drinkspeletjies.
  • Maak seker dat verantwoordelike bestuurders dwelmmisbruik- en alkoholbeleide duidelik verstaan en dat hulle weet wanneer om in te tree sou enige situasie buite beheer raak.
  • Kommunikeer die begin- en eindtye van die funksie duidelik.
  • Waarsku werknemers dat hulle aanspreeklik is vir hul optrede ná die funksie en dat indien hulle by ‘n napartytjie aansluit, hulle verantwoordelik moet optree en verseker dat hulle veilig by die huis kan kom.
  • Wees op die uitkyk vir diskriminasie en teistering. Indien teistering of enige ander onvanpaste gedrag waargeneem word, gryp dadelik in. Doen dit beleefd en ferm, maar moet onder geen omstandighede sulke gedrag ignoreer nie.
  • Beplan vir die hantering van noodgevalle, beserings of mediese probleme wat tydens die geleentheid mag ontstaan. (Indien die funksie deur die werkgewer georganiseer en geborg word, en bywoning is óf verpligtend óf word sterk aangemoedig, is dit meer waarskynlik dat beserings wat tydens die geleentheid opgedoen word, beskou kan word as ‘n besering aan diens.)

Die werksplek is ‘n baie diverse omgewing in terme van kultuur, godsdiens, oortuigings, waardes, politieke sienings, verwysingsraamwerke, werksetiek, opinies, ens. Die meeste werksplekongelukke kan voorkom word deur eerder bedag te wees op gevare en om veiligheidsreëls na te kom. Grense moet vanaf die begin van die diensverhouding gestel word om enige onsekerhede vorentoe te vermy. Werkgewers moet sorg dat hulle die korrekte prosedures volg wanneer dissiplinêre stappe geneem word of konsultasies gehou word.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Take a look at our membership packages.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.