Kommissiewerkers in die restaurantbedryf

Restauranteienaars neem dikwels mense in diens op ‘n kommissiebasis in hul restaurante, gewoonlik in ‘n poging om hulp te bekom. Wat baie werkgewers egter nie besef nie, is dat hierdie tipe indiensname, wat feitlik altyd mondelings op ooreengekom word, sy eie vereistes en toegekende regte het waaraan voldoen moet word. Dikwels beëindig werkgewers die kontrak summier wanneer hulle die werknemer om watter rede ook al nie meer wil hê of benodig nie, en dan die gevolge moet dra van ‘n onbillike ontslag by hul onderskeie Bedingingsrade*.

KOMMISSIEWERK: DIE DEFINISIE

Ten einde hierdie vereistes te verstaan en daaraan te voldoen, is dit nodig om eers die definisie daarvan te verduidelik: in die restaurantbedryf word “kommissiewerk” gedefinieer as ‘n werker wat die rol van ‘n kelner opneem en ‘n salaris verdien deur die kommissie of “fooie” wat hy/sy verdien. Die werker word dan betaal op die dag, of soos ooreengekom ingevolge die kontrak of die onderskeie Bedingingsrade se hoof kollektiewe ooreenkoms.

 

Die belangrikste vereiste waarvan werkgewers bewus moet wees, is dat hierdie ooreenkoms tussen die partye op skrif moet wees. Dit is om beide die werkgewer en werknemer se regte te beskerm indien ‘n dispuut sou ontstaan. Die kontrak moet ook aandui of die werknemer permanent of slegs vir ‘n vaste termyn in diens geneem word.

SPREEK DIE VOLGENDE AAN

Die volgende punte moet in die kontrak aangespreek word:

 

  • Die werker se kommissiekoers.
  • Die basis vir die berekening van kommissie.
  • Die tydperk waaroor die betaling bereken word (die Bedingingsrade se hoof kollektiewe ooreenkomste beperk hierdie tydperk tot een maand).
  • Wanneer die werkgewer die kommissie aan die werknemer sal betaal (die Bedingingsrade se hoof kollektiewe ooreenkomste beperk hierdie tydperk tot nie meer as sewe dae na die einde van die verdingingstydperk nie).
  • Die tipe, beskrywing, getal, hoeveelheid, marge, wins of bestellings (individueel, weekliks, maandeliks of andersins) waarop die werknemer geregtig is om kommissie te verdien.

HET JY KOMMISSIEWERKERS IN DIENS?

LAAT LWO JOU HELP!

KOMMISSIE TEENOOR ‘N MINIMUM LOON?

Omdat hierdie werkers nie ’n vaste salaris verdien nie, is daar ’n moontlikheid dat hulle geen, of nie genoeg kommissie verdien nie, al het hulle ingevolge die ooreenkoms gewerk. Daarom vereis die onderskeie hoof kollektiewe ooreenkomste dat werkgewers aan die regulasies van die Nasionale Minimumloonwet 9 van 2018 voldoen. Dit verseker dat kommissiewerkers steeds die minimum loon betaal word indien hulle nie ‘n bedrag verdien wat gelykstaande is aan, of meer is as dié van die minimum loon nie. Werkgewers moet dus die bedrag kommissie wat die werknemer verdien het vergelyk met die aantal ure gewerk. Indien die kommissiebedrag minder is as die ekwivalent van die minimum loon per uur gewerk, het die werkgewer die verantwoordelikheid om die verskil te betaal.

VERMY HIERDIE FOUT

Baie werkgewers maak die fout om te dink dat omdat die werknemer slegs kommissie verdien, die werknemer nie in werklikheid ‘n “regte werknemer van die besigheid” is nie en hulle dus nie aan indiensnemingsprosedures hoef te voldoen soos met ‘n gewone werknemer nie. Wetgewing en regspraak bevestig egter dat kommissiewerkers ingevolge hul kontrakte as werknemers beskou word. Nie-nakoming van arbeidswetgewing kan ‘n groot finansiële impak hê, veral wanneer dit kom by die beëindiging van die diensverhouding, en werkgewers moet sorg dat hulle ingelig is oor hul verpligtinge en verantwoordelikhede.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Take a look at our membership packages.

DIENSKONTRAKTE

‘n Dienskontrak is die basis van die verhouding tussen die werkgewer en die werknemer en is van kardinale belang in die bestuur van arbeidsverhoudinge. Dit definieer die diensbepalings en -voorwaardes soos op ooreengekom tussen die partye en reguleer hul verhouding. Verder beskryf die dienskontrak reëls en verantwoordelikhede wat deur beide die werkgewer en die werknemer nagekom moet word. Die dienskontrak is noodsaaklik om verwarring en ontevredenheid in die werksverhouding tot die minimum te beperk. Deur bykomende inligting in die dienskontrak in te sluit, bemagtig werkgewers hulself en kan moontlike toekomstige dispute proaktief bestuur word, wat tyd en geld bespaar.

 

*“Bedingingsrade” verwys na die Bedingingsraad vir die Restaurant-, Spyseniers- en Verwante bedrywe (Johannesburg); Bedingingsraad vir die Voedsel kleinhandel, Restaurant, Verversings en Verwante ambagte (Pretoria) en die Bedingingsraad vir die Kitskos, Restaurant, Spyseniering en Verwante ambagte (res van Suid-Afrika) as ‘n kollektief.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.