Waarskuwings en aftrekkings

Aftrekkings van ‘n werknemer se vergoeding word streng gereguleer deur arbeidswetgewing en moet werkgewers versigtig wees om nie gelde af te trek sonder om die korrekte prosedure te volg nie. Daar is verskeie aftrekkings wat gemaak kan word wat wissel van statutêre aftrekkings (werkloosheidsversering, inkomstebelasting, ‘n hofbevel of arbitrasiebevel), addisionele aftrekkings spesifiek tot die besigheidsindustrie en addisionele aftrekkings in die algemeen (verlies of skade aan eiendom, lenings, voorsorgfonds of pensioenfonds, ledegelde van ‘n vakbond, ensovoorts).

WAARSKUWINGS, AFTREKKINGS EN DUBBELE STRAF (“DOUBLE JEOPARDY”)

Kan ‘n werkgewer skadevergoeding van ‘n werknemer verhaal weens nalatigheid en ‘n waarskuwing uitreik vir dieselfde wangedrag, of sal dit as dubbele straf geag word? Ja, die werkgewer mag.

 

Waar skade of verliese deur ‘n werknemer veroorsaak word, is die werkgewer geregtig daarop om skadevergoeding te verhaal op grond van ‘n siviele eis ingevolge die gemenereg. Die wangedrag kan hanteer word by wyse van dissiplinêre stappe soos bepaal deur die besigheid se dissiplinêre kode. Sanksies vir wangedrag word voorgeskryf in die werkgewer se dissiplinêre kode en moet die werkgewer daarvolgens optree. Oor die algemeen is die toepaslike sanksie vir ‘n oortreding ‘n vorm van ‘n waarskuwing, of in baie ernstige gevalle ontslag (nadat ‘n dissiplinêre verhoor gehou is).

 

Die werkgewer se reg om skadevergoeding of verliese van die werknemer te verhaal, asook om die toepaslike waarskuwing aan die werknemer vir dieselfde wangedrag uit te reik, is bevestig deur die uitspraak van Solidariteit obo Mohammed / Air Traffic and Navigation Services Bpk[2011] [2011] JOL 27921 (KVBA).

MOES JY AL OOIT GELDE AFTREK VIR SKADE GELEI?

LAAT LWO JOU HELP!

AFTREKKINGS VIR SKADEVERHALING

Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) bepaal dat aftrekkings van ‘n werknemer se vergoeding alleenlik toegelaat word indien die werknemer tot die aftrekking toestem, of indien die aftrekking deur ‘n kollektiewe ooreenkoms, ‘n statutêre bepaling (wetlike voorgeskrewe aftrekking), ‘n hofbevel of ‘n arbitrasietoekenning gemagtig is.

 

Onderhewig aan die regte proses wat gevolg word, is die werkgewer gemagtig om aftrekkings van die werknemer se vergoeding te maak ten einde skade aan die werkgewer se eiendom te verhaal. Die WBDV stel die volgende vereistes alvorens die werkgewer so ‘n aftrekking kan maak:

 

  • Die werknemer moet skriftelik toestem tot die aftrekking en die bedrag moet gespesifiseer word.
  • Die verlies of skade moet in die loop van diens plaasgevind het as gevolg van die werknemer se opset of nalatigheid.
  • Die werkgewer het ‘n billike prosedure gevolg en die werknemer ‘n redelike geleentheid gebied om sy/haar saak te stel, asook waarom die aftrekking nie gemaak moet word nie.
  • Die werkgewer mag slegs ‘n maksimum van 25% van die werknemer se vergoeding op ‘n slag aftrek.
  • Die totale bedrag wat die werkgewer aftrek mag nie die bedrag van die werklike verlies of skade wat die werkgewer gely het, oorskry nie.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Take a look at our membership packages.

VERMY HIERDIE FOUT

Die fout wat verskeie werkgewers maak is om bloot ’n werknemer in te lig dat hulle die skade gaan verhaal sonder om die regte proses eers te volg. ‘n Verdere fout is om meer as 25% van die werknemer se vergoeding op een slag af te trek, hetsy met of sonder toestemming.

 

Die gevolg hiervan is dan dat ’n werknemer die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) kan nader deur ’n onbillike arbeidspraktyk dispuut te verklaar.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.