Identifiseer arbeidsinspekteurs

Dit is noodsaaklik vir beide werkgewers en werknemers om te verseker dat daar aan arbeidswetgewing voldoen word, ten einde billike werksomstandighede te bevorder. In Suid-Afrika vervul die Departement van Indiensneming en Arbeid hierdie sentiment deur hul Inspeksie- en Afdwingingsdiens (“Inspection and Enforcement Service (IES)”). Die Departement se inspekteurs speel ‘n deurslaggewende rol om arbeidswetgewing en -regulasies te monitor en af te dwing.

 

Baie werkgewers is bekommerd oor veiligheid na aanleiding van mense wat hulself valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang te verkry tot die perseel. Dring aan op positiewe identifikasie van die persoon wat hom-/haarself as ‘n inspekteur voorstel en verifieer eers hierdie inligting voordat die persoon toegang tot die perseel verkry. Onthou ook dat geen inspekteur ‘n fooi mag hef vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie. Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derdeparty om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie. Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.

Sleutelaspekte om arbeidsinspekteurs te identifiseer

Die Departement van Indiensneming en Arbeid se inspekteurs sal altyd amptelike identifikasie saamdra:

 

  • Amptelike aanstellingsertifikaat: Ingevolge Hoofstuk 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997 (WBDV), bepaal Artikel 63(3) dat die Minister van Indiensneming en Arbeid elke arbeidsinspekteur van ‘n getekende aanstellingsertifikaat moet voorsien wat die volgende vermeld:
    • dat die persoon aangestel is as ‘n arbeidsinspekteur,
    • die inspekteur se naam, reeksnommer, identifikasienommer, handtekening, en die Departement se logo,
    • watter wetgewing die arbeidsinspekteur mag monitor en afdwing, en
    • watter van die funksies van ‘n arbeidsinspekteur daardie persoon mag verrig.

 

  • Verpligting om identifikasie te toon: Die WBDV plaas ‘n verdere verpligting op die inspekteur om sy/haar amptelike aanstellingsertifikaat op versoek te verskaf. Artikel 66(3)(a) bepaal dat die arbeidsinspektuer die sertifikaat moet toon wanneer hy/sy versoek word om dit te doen.

 

  • Twee vorme van identifikasie: Die inspekteur se aanstellingsertifikaat kan twee vorme aanneem, die een is ‘n sertifikaatdokument (WBDV Bylae 14A) en die ander is ‘n inspekteurskaart (WBDV Bylae 14B). Dit is noemenswaardig dat ingevolge Bylae 14A die inspekteurskaart (Bylae 14B) die inspekteur se foto en handtekening, sowel as die handtekening van die provinsiale uitvoerende bestuurder, vir die kantoor waarin die inspekteur gesetel is, sowel as die reeksnommer moet bevat wat deur die Departement se hoofkantoor aan die inspekteur toegeken is.

 

KOMENDE ARBEIDSINSPEKSIE?

LAAT LWO JOU HELP!

Arbeidsinspekteurs se reg om inspeksies uit te voer

Ingevolge Artikel 65(1) van die WBDV mag ‘n arbeidsinspekteur, sonder lasbrief of kennisgewing, op enige redelike tyd enige werksplek of enige ander plek waar ‘n werkgewer besigheid bedryf of indiensnemingsrekords hou, wat nie ‘n woning is nie, betree ten einde nakoming van arbeidswetgewing af te dwing.

 

Arbeidswetgewing plaas ook ‘n verpligting op persone om met arbeidsinspekteurs saam te werk en bystand te bied. Artikel 67(1) en 67(2) van die WBDV bepaal dat enige persoon wat ingevolge Artikel 66 deur ‘n arbeidsinspekteur ondervra word, alle relevante vrae wat wettiglik aan daardie persoon gestel word, eerlik en na die beste van sy/haar vermoë moet beantwoord. Werkgewers en werknemers moet enige fasiliteit en bystand by ‘n werksplek verskaf wat redelikerwys deur ‘n arbeidsinspekteur vereis word om die arbeidsinspekteur se funksies doeltreffend te kan verrig.

 

  • Geskeduleerde inspeksies: Arbeidsinspekteurs doen dikwels geskeduleerde inspeksies en verskaf vooraf kennisgewing aan werkgewers. Dit stel besighede in staat om nodige dokumentasie voor te berei, soos dienskontrakte, betaalstaatrekords en gesondheids- en veiligheidsprotokolle. Bewustheid van geskeduleerde inspeksies help om deursigtigheid en doeltreffendheid te handhaaf.

 

  • Ewekansige besoeke: Benewens geskeduleerde inspeksies, kan inspekteurs ook onaangekondigde of ewekansige besoeke aan werksplekke bring. Werkgewers moet voorbereid wees op sulke verrassingsbesoeke en deurlopende nakoming van arbeidswetgewing handhaaf om moontlike boetes te vermy.

‘n Arbeidsinspekteur word deur wetgewing gemagtig om met of sonder kennisgewing by ‘n werksplek aan te kom om ‘n inspeksie uit te voer. Die werkgewer is eweneens verplig om enige vrae wat deur die arbeidsinspekteur aan hom/haar gestel word, te beantwoord en om die inspekteur te voorsien van enige bystand wat hy/sy mag vereis om sy/haar funksies doeltreffend te verrig. Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is omvangryk en ononderhandelbaar. Nie-nakoming kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid op onnodige risiko plaas.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Take a look at our membership packages.

Contact the LWO for any advice or assistance!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Take a look at our lidmaatskap opsies..

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.