Wat beteken die Hooggeregshof se uitspraak oor ouerskapverlof vir werkgewers

Op 25 Oktober 2023 het ’n baanbrekende regsontwikkeling in die Gautengse Hooggeregshof afgespeel met die saak van Van Wyk and Others v Minister of Employment and Labour [2023]. In ‘n deurslaggewende uitspraak is spesifieke artikels van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (WBDV), en die Wet op Werkloosheidsversekering, 2001, as ongrondwetlik en nietig verklaar. Hierdie artikels het betrekking op kraam-, ouerlike -, aannemings- en opdraggewende ouerlike verlof. Die uitspraak is gebaseer op die gronde dat die bepalings teenstrydig is met die reg op gelykheid en waardigheid soos uiteengesit word in artikels 9 en 10 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.

Die dryfveer agter die hof se besluit het berus op die bewering dat die WBDV onregverdig tussen ouers onderskei op grond van hul rolle, hetsy moeders of vaders, aanneemouers, of diegene met kinders deur surrogaatskap. Die belangrikste is dat die hof ‘n holistiese siening ingeneem het, met inagneming van die beste belange van die kind en beklemtoon dat versorgingsverlofregte ingevolge die WBDV nie net gemik is op die fisiologiese herstel van die geboorte ouer nie, maar ook op die versorging van ‘n pasgebore baba of kleuter.

 

Dit is noodsaaklik om daarop te let dat die hof dit duidelik gemaak het dat hoewel sekere aspekte as ongrondwetlik geag is, bepalings wat die fisiologiese herstel van ‘n geboorte moeder aanspreek, van hierdie beslissing vrygestel is.

IS JY INGELIG OOR DIE JONGSTE REGSVERWIKKELINGE?

LAAT LWO JOU HELP!

Vrae en antwoorde

  • Status van ouerskapverlof: ‘n Gesin sal ‘n keuse kan uitoefen van wie die primêre versorger gaan wees. Die vier maande ouerskapverlof (voorheen kraamverlof) word dan deur die ouers gedeel indien hulle dit sou wou doen.

 

  • Duur van verlof vir elke ouer: In teenstelling met die aanname dat elke ouer individueel ‘n verloftydperk van vier maande ontvang, is hierdie tydperk van vier maande per gesin en kan dit op grond van hul ooreenkoms tussen ouers verdeel word.

 

  • Administratiewe las: Geen riglyne is nog in plek nie en sal deur die Departement van Indiensneming en Arbeid verskaf word.

 

  • Tydlyn vir implementering en status van werkgewers: Die Hooggeregshof-uitspraak verander tans niks nie. Die bevel is na die Konstitusionele Hof verwys vir geldigheid, en is huidiglik in proses. Die Konstitusionele Hof is geskeduleer om die saak aan te hoor met ‘n pontensiële tydlyn vir plasing in die derde kwartaal van 2024. Indien die uitspraak bevestig word, het die parlement twee jaar om wetgewing op te stel in lyn met die uitspraak.

 

  • Impak op WVF ouerskap- en kraamverlofvoordele: Onder tussentydse verligting is alle ouers geregtig op ‘n aaneenlopende ouerskapverlof van vier maande. Ouers van ‘n kwalifiserende kind het die opsie om te besluit hoe om hierdie tydperk tussen hulle te verdeel. Enige gedeelte van hierdie vier maande wat deur ‘n ouer as verlof geneem word, ongeag hul rol in die bevalling, kwalifiseer vir WVF-voordele.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Ten slotte

Ten slotte, verander die Hooggeregshof se uitspraak niks op hierdie stadium nie, maar sodra wetgewing potensieel opgestel is, afhangende van die uitkoms van die Konstitusionele Hof, kan die Van Wyk-uitspraak die landskap van ouerskapverlof in Suid-Afrika hervorm.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.