Finale betalings by diensbeëindiging

Daar is verskillende maniere waarop ‘n dienskontrak beëindig kan word. Dit kan óf wees deurdat die werknemer bedank, die aftree-ouderdom bereik wat in die werksplek vasgestel is, die werknemer weens wangedrag afgedank word óf weens bedryfsredes afgelê word. Daar is sekere verpligtinge vir die werkgewer onder elk van hierdie omstandighede en dit is belangrik vir ‘n werkgewer om te verstaan watter betalings aan ‘n werknemer gemaak moet word by diensbeëindiging om nie-nakoming van wetgewing te vermy.

Die werknemer bedank

Indien ‘n werknemer bedank, moet dit verkieslik skriftelik wees. Indien die werknemer met onmiddellike effek bedank, kan die werkgewer siviele aksie instel vir enige skade wat gely word as gevolg van die werknemer wat nie ‘n kennistydperk werk nie. Die werkgewer hoef nie die werknemer te vergoed vir die kennistydperk wanneer ‘n werknemer met onmiddellike effek bedank nie, maar die werkgewer kan nie die werknemer se finale salaris weerhou onder hierdie omstandighede nie. Betaling vir dae gewerk en opgehoopte verlof sal aan die werknemer verskuldig wees.

Die werknemer bereik die aftree-ouderdom

Dit is uiters belangrik vir ‘n dienskontrak om duidelik te wees oor die aftree-ouderdom binne die besigheid. Indien daar geen aftree-ouderdom is nie, moet die werkgewer ‘n beleid rondom aftrede instel. Die statutêre kennistydperk is steeds van toepassing wanneer ‘n werknemer aftree. Die werknemer word betaal vir die kennistydperk wat hulle werk. Opgehoopte verlof sal ook aan die werknemer verskuldig wees. ‘n Werknemer word nie vir jare diens betaal nie. Enige ex gratia (uit welwillendheid) betaling is uitsluitlik volgens die diskresie van die werkgewer en is nie ‘n wetlike vereiste nie.

ONSEKER OOR DIE FINALE BETALING?

LAAT LWO JOU HELP!

Die werknemer word afgedank

Eerstens, voordat enige vorm van ontslag mag plaasvind, moet ‘n dissiplinêre verhoor eers gehou word. Sodra die werknemer skuldig bevind is en daar voldoende gronde is om voort te gaan met ‘n ontslag, kan ‘n werkgewer ‘n sanksie van hierdie aard toepas. Wanneer ‘n werknemer ontslaan word, behoort die werknemer sy/haar salaris tot op die laaste werksdag te ontvang, insluitend die afhandeling van die dissiplinêre verhoor. Opgehoopte verlof sal ook aan die werknemer verskuldig wees. Geen kennistydperk is van toepassing wanneer ‘n werknemer weens wangedrag ontslaan word nie.

Die werknemer word afgelê

Korrekte prosedures moet gevolg word voordat ‘n werknemer afgelê mag word. ’n Werknemer wat afgelê is, is geregtig op opgehoopte verlof, betaling vir ‘n kennistydperk (indien van toepassing) en skeidingsvergoeding. Indien ‘n werknemer nie verplig word om ‘n kennistydperk te werk nie, moet die werknemer vir hierdie tydperk betaal word. ‘n Werkgewer moet ‘n skeidingspakket betaal gelykstaande aan minstens een week se vergoeding vir elke voltooide jaar van diens. Slegs wanneer ‘n werknemer afgelê word, is dit ‘n wetlike vereiste dat die werkgewer vir jare diens moet betaal.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Die werkgewer het ‘n verpligting om ‘n dienssertifikaat en finale betaalstrokie aan ‘n werknemer te verskaf by diensbeëindiging. ‘n UI19-dokument moet voltooi word en by die Departement van Indiensneming en Arbeid ingedien word.

 

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.