Personeelvermindering: proses en rede

Dit gebeur dat ‘n werkgewer in finansiële moeilikheid is, strategieë moet ontwikkel om verliese te beperk, of ‘n drastiese verandering in die mark moet hanteer wat die hele besigheid ontwrig. Hierdie is goeie voorbeelde van situasies waarin personeelvermindering nodig kan wees. In ‘n neutedop, die substantiewe vereiste is volkome geregverdig: mens kan tog nie bloed uit ‘n klip tap as die besigheid eenvoudig nie oor genoeg fondse beskik nie. Maar die tweede aspek van ‘n wettige personeelvermindering is die prosedurele vereistes. Wanneer ‘n geskil ontstaan oor personeelvermindering, word beide substantiewe en prosedurele vereistes oorweeg.

Substantiewe vereistes (die feite)

Ingevolge Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) is daar spesifieke kriteria wat werkgewers aan moet voldoen voordat afleggings begin. Hierdie kriteria sluit in:

 

  • Operasionele vereistes: Werkgewers moet wys dat daar ware operasionele redes is wat aflegging noodsaak. Dit kan ekonomiese faktore insluit soos ‘n afname in inkomste, tegnologiese vooruitgang wat herstrukturering tot gevolg het, of veranderinge in marktoestande.

 

  • Seleksiekriteria: Werkgewers moet regverdige en objektiewe kriteria vasstel vir die seleksie van werknemers vir afleggings. Dit kan faktore insluit soos, onder andere, vaardighede, kwalifikasies of diensjare. Diskriminasie gebaseer op faktore soos ras, geslag of vakbondlidmaatskap word streng verbied.

 

  • Alternatiewe maatreëls: Werkgewers moet alternatiewe vir afleggings ondersoek, soos die aanbied van vrywillige skeidingspakkete, die implementering van korter werksure, of die verplasing van werknemers na ander posisies binne die besigheid.

 

Die hantering van die substantiewe kwessies vereis oorweging en beplanning van werkgewers. Dit is noodsaaklik om die besigheid se finansiële situasie te assesseer, alle beskikbare opsies te ondersoek, en deursigtigheid en regverdigheid regdeur die proses te verseker.

OORWEEG JY PERSONEELVERMINDERING?

LAAT LWO JOU HELP!

Prosedurele vereistes

Die prosedurele vereistes met personeelvermindering verwys na die stappe wat werkgewers moet volg wanneer afleggings oorweeg word. Wetgewing omskryf ‘n gedetailleerde prosedure wat werkgewers moet nakom, wat die volgende insluit:

 

  • Kennisgewing en konsultasie: Werkgewers moet die betrokke werknemers en relevante vakbonde of werknemerverteenwoordigers van die voorgestelde aflegging in kennis stel. Hierdie kennisgewing moet onder andere die redes vir afleggings, die aantal betrokke werknemers, en die verwagte tydlyn insluit.

 

  • Konsultasieproses: Werkgewers moet in ‘n betekenisvolle konsultasieproses tree met betrokke werknemers en hul verteenwoordigers. Dit behels dat relevante inligting voorsien word, alternatiewe maatreëls oorweeg word en dat daar voldoende tyd vir besprekings is.

 

  • Gesamentlike besluitneming: Werkgewers en werknemerverteenwoordigers word aangemoedig om, waar moontlik, in gesamentlike besluitneming aangaande die afleggingsproses te tree. Dit kan die volgende insluit: onderhandeling van skeidingspakkette, ondersoek van verplasingsgeleenthede, identifisering van opleiding en ander ondersteuning vir betrokke werknemers, ensovoorts.

 

  • Kennisgewing en skeidingspakkette: Werkgewers moet die betrokke werknemers skriftelik in kennis stel van die aflegging, sowel as skeidingspakkette verskaf in ooreenstemming met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die kennisgewingsperiode en skeidingspakkette word bepaal op grond van die werknemer se diensjare: een week se lone vir elke voltooide jaar van diens.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Deur die voorgeskrewe prosedurele stappe te volg, kan werkgewers verseker dat hulle voldoen aan wetgewing en die risiko van geskille verminder. Effektiewe kommunikasie, deursigtigheid en empatie is noodsaaklike komponente van die prosedurele aspek van afleggings. Personeelvermindering is ‘n komplekse en uitdagende proses vir beide werkgewers en werknemers. Deur beide die substantiewe en prosedurele kwessies wat in Artikel 189 van die WAV uiteengesit is, te verstaan en aan te spreek, kan werkgewers aflegging op ‘n regverdige en verantwoordelike wyse hanteer.

 

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.