Werkgewers se verpligtinge

WERKGEWERS SE VERPLIGTINGE:

1. Voorsien die werknemer van ‘n dienskontrak:
‘n Werkgewer moet die volgende besonderhede van diens skriftelik aan ‘n werknemer verskaf wanneer die werknemer met diens begin:

  • werkgewer se volle naam en adres;
  • werknemer se naam en beroep (met ‘n kort beskrywing van die werk);
  • werksplek;
  • aanvangsdatum;
  • normale werksdae en -ure;
  • vergoeding – lone, oortyd, ander kontantbetalings, enige betaling in natura, ens.;
  • aftrekkings;
  • intervalle van betaling (gereeldheid);
  • verlof;
  • statutêre kennisperiodes;
  • ‘n lys van dokumente wat deel vorm van die dienskontrak;
  • beskrywing van enige raad of sektorale vasstelling van toepassing; en
  • tydperk van indiensname by ‘n vorige werkgewer wat by die huidige indiensname ingereken word.

Wenk: Sorg dat die kontrak nie minder gunstig is as die toepaslike wetgewing wat nagekom moet word nie.

VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
LAAT LWO JOU HELP!

2. Betaal die werknemer se vergoeding en verskaf ‘n betaalstrokie:
Werkgewers word verplig om hul werknemers ten minste die Nasionale Minimumloon te betaal of soos aangedui deur hul bedingingsraad indien van toepassing. Werksure, verlof, siekverlof, oortyd en aftrekkings moet noukeurig bereken word. Die werkgewer moet die werknemer van ‘n betaalstrokie voorsien wat die volgende besonderhede insluit:

  • werkgewer se naam en adres;
  • werknemer se naam en beroep;
  • tydperk van betaling;
  • werknemer se vergoeding in geld en loontarief;
  • ure gewerk – normale werksure, oortyd, Sondagtyd en ure gewerk op openbare vakansiedae;
  • aftrekkings;
  • werklike bedrag oorbetaal aan die werknemer.

Wenk: Rekords moet vir ten minste drie jaar vanaf die datum van laaste inskrywing gehou word.

3. Verseker veilige en gesonde werksomstandighede:
Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid is duidelik in die bepaling dat elke werkgewer, sover dit redelikerwys moontlik is, ‘n werksomgewing sal voorsien en in stand hou wat veilig is en nie risiko inhou vir werknemers se gesondheid nie. Alle werknemers moet van dié wet bewus wees en dit verstaan.

Risiko: Enige persoon wat aan die nie-nakoming van hierdie wet skuldig bevind word, kan ‘n boete van tot R50 000.00 en/of gevangenisstraf opgelê word.

4. To ensure that the Employment Equity Act is complied with:
The Employment Equity Act applies to all employers and employees in regards to the prohibition of unfair discrimination.

The Act requires designated employers to:

  • konsulteer met werknemers;
  • ‘n analise uitvoer;
  • ‘n billike werksgeleenthede plan voorberei;
  • die vordering gemaak met die implementering van die billike werksgeleenthede plan rapporteer aan die Direkteur-Generaal.

Risiko: Enige aangewese werkgewer wat aan die nie-nakoming van hierdie wet skuldig bevind word, kan ‘n boete van tot R2,7 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset, wat ook al die grootste is, opgelê word.

VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
LAAT LWO JOU HELP!

5. Registreer vir WVF:
Registrasie by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) moet gedoen word sodra die werknemer met diens begin. Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om gelde af te trek en oor te betaal aan die fonds: 1% van die salaris word afgetrek van die werknemer se salaris, en ‘n gelyke bydrae word maandeliks deur die werkgewer gemaak.

Risiko: Die WVF kan ‘n boete van 10% op alle onbetaalde bydraes hef, en die finansiële komitee sal ook rente bereken wat verskuldig is sou ‘n werkgewer nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.

6. Rapporteer elke besering aan diens, ongeag die erns van die besering:
Die Wet op Vergoeding vir Beroepbeserings en -siektes (COIDA) is van toepassing op alle werkgewers en informele en voltydse werknemers wat as gevolg van ‘n werksplekongeluk of werkverwante siekte beseer, gestremd, gedood of siek word. ‘n Werkgewer wat besigheid in Suid-Afrika bedryf, moet by die Vergoedingskommissaris registreer. ‘n Werkgewer moet die Vergoedingskommissaris in kennis stel van ‘n ongeluk (persoonlike besering, siekte of dood van ‘n werknemer) binne sewe dae nadat kennis van ‘n ongeluk ontvang is, of die werkgewer bewus geword het van ‘n ongeluk wat plaasgevind het.

Wenk: ‘n Werkgewer hoef slegs 75% van werknemer se verdienste vir die eerste drie maande van besering of siekte (tydelike totale/gedeeltelike ongeskiktheid) te betaal, wat van die Vergoedingskommissaris teruggeëis kan word.

7. Betaal die vaardigheidsontwikkelingheffing:
Indien die werkgewer personeel het wat vir LBS geregistreer is en die jaarlikse betaalstaat R500 000.00 per jaar oorskry, moet die werkgewer by die SAID registreer en ‘n vaardigheidsontwikkelingsheffing van 1% van die maandelikse betaalstaat betaal.

Risiko: Die SAID sal beide rente en boetes oplê vir laat of nie-betaling van vaardigheidsontwikkelingsheffings. ‘n Arbeidsinspekteur kan die besigheid beveel om werk te staak indien die besigheid skuldig bevind word aan onwettige praktyke, en/of ‘n diskresionêre boete en/of een jaar gevangenisstraf kan deur ‘n hof opgelê word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.