Die Wet op Billike Werksgeleenthede

Is jy ‘n aangewese werkgewer?

Aangewese werkgewers is verplig om te voldoen aan die vereistes wat deur die Wet op Billike Werksgeleenthede gestel word. Die Wysigingswet op Billike Werksgeleenthede 4 van 2022 het hierdie wetgewing onlangs gewysig. Alhoewel bogenoemde wysigingswet as wetgewing onderteken is deur die President, moet die inwerkingtredingsdatum nog geproklameer word.
Tot tyd en wyl sal ‘n werkgewer wat aan die volgende vereistes voldoen as ‘n aangewese werkgewer geag word:

  • Werkgewers met 50 of meer werknemers in diens; of
  • Werkgewers met minder as 50 werknemers in diens, maar ‘n totale jaarlikse omset volgens die onderskeie sektore hieronder uiteengesit:

SKEDULE 4

TOMSETDREMPEL VAN TOEPASSING OP AANGEWESE WERKGEWERS

Sektor of susektor in lyn met die Standaard Industriële Klassifikasie
Totale jaarlikse omset
Landbou
R6,00 miljoen
Mynbou en Steengroewe
R22,50 miljoen
Vervaardiging
R30,00 miljoen
Elektrisiteit, Gas en Water
R30,00 miljoen
Konstruksie
R15,00 miljoen
Kleinhandel, Motorhandel en Hersteldienste
R45,00 miljoen
Groothandel, Kommersiële agente en Geallieerde handel
R75,00 miljoen
Spyseniering, Akkommodasie en ander Handel
R15,00 miljoen
Vervoer, Stoor en Kommunikasie
R30,00 miljoen
Finansies en Besigheidsdienste
R30,00 miljoen
Gemeenskaps-, Spesiale en Persoonlike dienste
R15 miljoen

Wat is aangewese werkgewers se verantwoordelikhede?

  •  Konsulteer met werknemers.
  • Stel ‘n analise saam.
  • Stel ‘n billike werksgeleenthedeplan saam.
  • Lewer verslag aan die Direkteur-Generaal oor vordering gemaak met die implementering van die billike werksgeleenthedeplan.
VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
LAAT LWO JOU HELP!

Hoe gereeld moet verslae ingedien word?

Verslae moet jaarliks ingedien word, ongeag die aantal werknemers in diens.

Billike werksgeleenthedeplan (EEA13)

Volgens Artikel 20 van die Wet op Billike Werksgeleenthede moet alle aangewese werkgewers ‘n billike werksgeleenthedeplan in plek hê. Hierdie plan moet tussen een en vyf jaar geldig te wees en moet op die perseel beskikbaar wees vir inspeksie.

Is daar ‘n risiko vir ‘n werkgewer indien die wet nie nagekom word nie?

Dispute oor onregverdige diskriminasie kan binne ses maande na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word en ‘n bevel van tot 24 maande van die werknemer se vergoeding kan teen die werkgewer toegeken word.

Enige aangewese werkgewer wat aan die nie-nakoming van hierdie wet skuldig bevind word, kan ‘n boete van tot R2,7 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset, wat ook al die grootste is, opgelê word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.