Werkloosheidsversekeringswet

Die doel van die Werkloosheidsversekeringswet, 63 van 2001 soos gewysig, is om ‘n werkloosheidsversekeringsfonds te vestig ten einde die skadelike ekonomiese en sosiale gevolge van werkloosheid te verlig. Werkgewers en werknemers dra by tot die fonds en kan werknemers wat werkloos raak, of hul begunstigdes waar dit die geval mag wees, op voordele geregtig wees.

 

Die rol en die omvang van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) in Suid-Afrika se arbeidsregstelsel is dikwels ‘n onderwerp van groot belang en diskoers. Dit is ‘n noodsaaklike instelling wat bedoel is om werknemers te beskerm teen finansiële onsekerheid in tye van werkloosheid, siekte, kraam, aanneming en selfs die dood.

Daar is egter riglyne en beperkings wat bepaal wie hiervoor in aanmerking kom. Verskeie kriteria word gestel om te bepaal wie kan aansoek doen. Die Werkloosheidsversekeringswet is op alle werkgewers en werknemers van toepassing, behalwe vir: werknemers wat minder as 24 uur ‘n maand vir ‘n werkgewer werk, parlementslede, kabinetministers, adjunkministers, lede van provinsiale uitvoerende rade, lede van provinsiale wetgewers en munisipale raadslede.

Registrasie

Werkgewers wat verplig is om werkloosheidsversekering te betaal, moet by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) of die WVF kantore registreer vir die betaling van bydraes. ‘n Werkgewer kan geen diskresie uitoefen om vir werkloosheidsversekering te registreer al dan nie.

Betaling van WVF bydraes

Maandelikse WVF bydraes moet binne sewe dae na die einde van die maand oorbetaal word ten opsigte van die betaalbare bydraes.

IS JY GEREGISTREER VIR WVF?

LAAT LWO JOU HELP!

Werkgewer se verantwoordelikhede

  • WVF registrasie moet gedoen word sodra die werknemer se indiensname in aanvang neem.
  • Maandelikse betalings.
  • 1% afgetrek van die werknemer se salaris vir die werknemer se bydrae en 1% van die werknemer se salaris vir die werkgewer se bydrae.
  • Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om die aftrekkings te maak en die gelde oor te betaal.
  • Indiening van state.
  • Indiening van UI-19 vorms sodra ‘n werknemer se indiensname in aanvang neem en tot ‘n einde kom.
  • Die hou van rekords en akkurate inligting van werknemers wat moet ingedien word en waarop veranderinge aangeteken moet word.

Werknemer se verantwoordelikhede

  • Wanneer ‘n werknemer werkloosheidsversekering moet eis vir welke rede ook al, is dit die werknemer se verantwoordelikheid om die eis in te stel.
  • Werknemers het die verpligting om werkgewers in te lig van enige veranderinge wat verband hou met hul persoonlike besonderhede.
    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Werkgewer se risiko in terme van nie-nakoming

    Enige persoon wat skuldig bevind word aan nie-nakoming van hierdie wet sal aanspreeklik wees vir ‘n boete en/of tronkstraf.

    Dit is noodsaaklik vir werkgewers en werknemers om bewus te wees van hul regte en verantwoordelikhede.

    Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.