Die organisatoriese regte van ’n vakbond

Heelwat werkgewers is onbewus van die feit dat vakbonde wat voldoende verteenwoordig is in ‘n werksplek, geregtig is om spesifieke regte ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1955 (Wet 66 van 1995) te verkry. Dit is baie belangrik dat werkgewers van die volgende regte in hierdie verband kennis neem.

1. Toegang tot die werksplek

Enige amptenaar of ampsdraer van so ’n vakbond mag die werkgewer se perseel betree om nuwe lede te werf, lede se belange te dien en vergaderings te hou, of om stemming ingevolge hul grondwet te hou. Dit is wel belangrik om te weet dat vakbonde hierdie vergaderings met hul
lede slegs buite werksure mag hou, tensy anders ooreengekom is. Werkgewers moet ook seker maak dat hulle ’n kollektiewe ooreenkomsmet die betrokke vakbond sluit, sodat laasgenoemde betyds kennis sal gee van hul voorneme om hierdie reg uit te oefen (48 uur kennis voordat ’n stemming plaasvind).

2. Aftrek van ledegeld/heffings

Hierdie reg bepaal dat werkgewers die vakbond se heffings van hul lede se vergoeding kan aftrek en die geld aan die vakbond oorbetaal. Die reg is wel onderhewig aan magtiging deur die werknemer, wat dit kan herroep deur die nodige kennis te gee. Wanneer hierdie gelde aan die vakbond oorbetaal word, moet die werkgewer die vakbond voorsien van:

 

  • ’n Lys met die name van elke lid van wie se loon die werkgewer die aftrekkings gemaak het, wat by die oorbetaling ingesluit is.
  • Besonderhede van die bedrae wat afgetrek en oorbetaal is, en die tydperk waarop die aftrekkings betrekking het.
  • ’n Afskrif van elke kennisgewing van terugvordering, indien van toepassing.

IS DAAR ‘N VAKBOND IN JOU WERKSPLEK?

LAAT LWO JOU HELP!

3. Vakbondverteenwoordigers

Die lede van ’n geregistreerde vakbond, of van twee of meer vakbonde wat gesamentlik optree, wat die meerderheid werknemers in die werksplek verteenwoordig, is geregtig om ’n vakbond
verteenwoordiger vir die werksplek te verkies. Hierdie verteenwoordiger se taak is om werknemers tydens dissiplinêre en grieweprosedures te verteenwoordig, en om die werkgewer te monitor ten opsigte van die nakoming van arbeidswetgewing en enige kollektiewe ooreenkoms wat mag bestaan. Die verteenwoordiger is ook daarop geregtig om verlof te neem om sy of haar vakbondverwante pligte na te kom, en om opgelei te word in hierdie funksies.

4. Verlof vir vakbondaktiwiteite

Enige werknemer wat die ampsdraer van ’n verteenwoordigende vakbond is, kan redelike verlof neem om die verpligtinge van sy of haar amp af te handel of na te kom. Die werkgewer en vakbond kan ooreenkom oor die aantal verlofdae, hoeveel daarvan betaald sal wees, asook
enige voorwaardes daaraan verbonde.

5. Openbaarmaking van inligting

Hierdie reg beteken dat die vakbond van die werkgewer kan vereis om alle toepaslike inligting bekend te maak wat die vakbond benodig om sy funksies doeltreffend te verrig, of wanneer kollektiewe bedinging ter sprake is. Let egter daarop dat daar wel beperkings geld ten opsigte van die inligting wat openbaar gemaak mag word, soos inligting wat op regsgronde geweier
kan word of wat op die oortreding van ‘n wet of hofbevel sou neerkom indien dit openbaar gemaak word.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Regte van vakbonde

    Die regte wat hier bespreek is word nie outomaties toegestaan nie. Vakbonde moet die werkgewer versoek om hierdie regte te erken. Sou die versoek onsuksesvol wees, kan dit na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, of selfs tot stakings lei. Dit is belangrik om te weet dat vakbonde met voldoende verteenwoordiging (sowat 25% van die werknemers in ‘n werksplek) slegs die reg het om toegang tot die werksplek te kry en dat vakbondfooie van salarisse afgetrek en oorbetaal kan word. Vakbonde met meerderheids
    verteenwoordiging (50% + 1) geniet al die regte wat hier bespreek is.

    Werkgewers word aangemoedig om verdere regsadvies in te win indien hulle deur ’n vakbond genader word vir die uitoefening van hierdie regte. Dit is belangrik om te verseker dat statutêre
    prosedures nagekom word en om enige potensiële ontwrigting of risiko’s in die werksplek te buffer.

    Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.