Wat behels arbitrasie

Wat kan ‘n werkgewer verwag indien ‘n dispuut na arbitrasie verwys word by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), of by ‘n Bedingingsraad?

Beskikbaarheid

Sodra die KVBA (of Bedingingsraad waar van toepassing) ‘n arbitrasiedatum uitreik, is die eerste stap om jouself as werkgewer beskikbaar te stel om die verrigtinge op die bepaalde datum by te woon. Indien die werkgewer dit nie doen nie, is daar ‘n groot moontlikheid dat ‘n bevinding en bevel teen teen die werkgewer gemaak sal word.

 

Beskikbaarheid behels verder dat enige en alle relevante getuies beskikbaar gestel moet word op die arbitrasiedatum. Goeie voorbereiding is noodsaaklik sodat getuies die korrekte en relevante inligting aan die KVBA of Bedingingsraad kan voorsien.

Arbitrasie is ‘n formele proses

Arbitrasie is ‘n formele proses waartydens beide die applikant en respondent (werkgewer) hul saak ten volle aan die kommissaris as arbiter moet stel. Dit behels dat elke party die geleentheid gegun sal word om die kommissaris aan te spreek om sodoende alle relevante en toepaslike inligting te verskaf, bewyse in te dien ter stawing van die saak, en getuies te roep. In die geval van ‘n onbillike ontslag dispuut, moet die werkgewer dus die regverdigheid van die ontslag kan bewys en verdedig.

Voorbereiding

Vroegtydige voorbereiding is van uiterse belang om te verseker dat alle relevante inligting, dokumentasie en getuies beskikbaar is gedurende die arbitrasie. Wanneer daar dokumente is waarop gesteun sal word tydens die arbitrasie, moet afskrifte daarvan beskikbaar gestel word aan die kommissaris, die teenparty, asook enige getuies. Daar moet dus bundels voorberei word wat ‘n indeks bevat en wat genommer is. Bundels kan vooraf versoek en verskaf word deur die partye, alternatiewelik kan dit gedurende die arbitrasie uitgeruil word.

HET JY ‘N KVBA-SAAK WAT OPKOM?

LAAT LWO JOU HELP!

Getuies

Gebruik slegs getuies wat relevant tot die saak is. Getuies wat dus nie ‘n bydrae kan maak tot die dispuut nie, en wie se getuienis nie relevant is nie, moet vermy word. Slegs ‘n getuie wat werklik die toepaslike inligting en kennis het tot die saak moet gedurende arbitrasie geroep word om die saak te ondersteun. Dus moet daar vooraf bepaal word watter inligting benodig word gedurende arbitrasie en watter getuies hierdie inligting kan verskaf. Voorbereiding met die getuies is dus ook ‘n belangrike aspek.

Kruisondervraging

Elke party het die reg tot kruisondervraging gedurende die arbitrasie. Die doel van kruisondervraging is om die teenkant se weergawe in dispuut te plaas en word aangewend om die getuies van die teenkant aan te val en die geloofwaardigheid daarvan aan te val. Let dus op watter inligting deur die applikant verskaf word gedurende sy/haar getuies sodat enige onwaarhede en valse getuies in dispuut geplaas kan word.

 

Die kommissaris het ook die reg om enige vrae aan die partye te rig ten einde enige onduidelikhede uit die weg te ruim.

    Bevinding en bevel

    Na afloop van beide partye se volledige saak, berus die saak by die kommissaris as arbiter om ‘n bevinding en bevel te maak. Die arbiter sal dus ‘n skriftelike bevel voorsien aan beide partye binne 14 dae na afloop van die saak. Die bevel is finaal en bindend en beide partye is gebind daartoe.

     

    Werkgewers moet dus seker maak dat daar ten volle voorberei word vir arbitrasie en dat voorbereiding vroegtydig plaasvind. Kontak die LWO Werkgewersorganisasie vir enige bystand of advies met KVBA-sake.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Kontak die LWOvir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.