Normale werksure en oortyd

Hoofstuk 2 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) reguleer werksure, insluitend normale werksure en oortyd. Werknemers wat minder as die vasgestelde imkomsteplafonbedrag verdien se maksimum normale werksure wat toegelaat word ingevolge artikel 9 van die WBDV is 45 ure per week. Dit beteken nege ure per dag (uitgesluit die middagetebreek) indien die werknemer ‘n vyf dae werkweek het, en agt ure per dag (uitgesluit die middagetebreek) indien die werknemer meer as vyf dae per week werk.

Dit beteken nie dat die werknemer noodwendig 45 uur per week moet werk nie. Die aantal normale werksure wat gewerk word, is ‘n saak van kontraktuele ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer. Sommige werkgewers werk ‘n 40-uur werkweek, ensovoorts. Die wetlike beperking van 45 ure per week beteken dat die werknemer nie meer as 45 ure per week normale werksure mag werk nie. Middagete is onbetaalde tyd en word beskou as die werknemer se eie tyd, omdat hulle nie vir middagetebreke betaal word nie.

 

As gevolg hiervan, sal ‘n werknemer wat ‘n vyf dae werkweek werk en ‘n middagetebreek van een uur per dag ontvang, werklik 50 uur per week by die werksplek sal wees (45 ure normale werksure plus vyf ure vir middagetebreke).

 

Die middagetebreek moet na vyf ure se deurlopende werk gegee word. Onder die WBDV sal teebreke nie kwalifiseer as ‘n werksureonderbreking nie. Die wetlike middagetebreke is een uur, maar kan per ooreenkoms tussen die werknemer en werkgewer tot 30 minute verkort word.

Oortyd

Die maksimum toegelate oortyd is drie ure op enige dag of 10 ure per week. Verder las die wet dat ‘n werkgewer onder normale toestande nie ‘n werknemer mag toelaat/vereis om meer as 12 ure op enige dag te werk nie, oortyd ingesluit. Die wet stel ook ‘n minimum daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure tussen skofte in vir werknemers wat nie op die werkgewer se perseel bly nie.

 

‘n Werknemer wat dus normaalweg nege ure per dag werk en wat ‘n middagetebreek van een uur neem, is reeds 10 ure by die werk en sal as sulks nie meer as twee ure oortyd per dag kan werk nie anders sal sy skofte minder as 12 ure uitmekaar wees.

 

Oortyd is nie verpligtend nie, en mag slegs gewerk word per ‘n ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer. Neem kennis dat so ‘n ooreenkoms slegs geldig is vir ʼn periode van 12 maande en moet jaarliks hernu word. Versuim om dié ooreenkoms te hernu, of om ‘n nuwe ooreenkoms te sluit, kan daartoe lei dat werknemers wettiglik kan weier om oortyd te werk.

BESTUUR JY WERKSURE KORREK?

LAAT LWO JOU HELP!

‘n Werkgewer moet werknemers ook redelike kennis gee wanneer hulle vereis gaan word om oortyd te werk en kan as sulks weier om oortyd op kort kennisgewing te werk. ‘n Werknemer kan egter ingevolge artikel 6(2) van die WBDV nie weier om oortyd te werk nie indien die werk wat gedoen moet word onmiddellik gedoen moet word weens omstandighede waarvoor die werkgewer redelik nie voorsiening kon maak nie en wat nie deur werknemers gedurende die gewone werksure gedoen kan word nie.

 

Vergoeding moet teen 1,5 (een en ‘n half) keer die werknemer se normale loontarief wees, behalwe vir werk gedoen op Sondae en openbare vakansiedae. Enige oortyd gewerk op ‘n Sondag moet betaal word in ooreenstemming met die wetlike bepalings vir Sondae en openbare vakansiedae. Tyd af, bereken volgens dieselfde formule, kan in plaas van betaling gegee word, mits daar skriftelik so op ooreengekom is met die werknemer.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Hierdie artikel is bedoel as algemene inligting vir werkgewers wat onder die bestek van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes resorteer. Om te verseker dat jy as werkgewer bewus is van die korrekte oortyd van toepassing op jou sektor, of om advies te kry hierop, kontak die LWO by 0861 101 828.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.